Sunday, January 14, 2007

Die rand en die Britse pond en vakansie-begrotings

Ek het op nog 'n oulike webtuiste afgekom.

Smartsave (http://www.discountbritain.net/) gee jou aflaaibare afslagbewyse vir die meeste toeriste-aantreklikhede in London.

Ja, die pond is sterker as die rand en ja, die rand verswak nou effens, maar dit beteken nie dat mens nie 'n baie lekker vakansie in London kan hou nie.

Daar is baie spesiale aanbiedinge en BAIE gratis goed om te sien. Byna al die museums & gallerye (waaroor ek later sal skryf) is of gratis of het gratis periodes.

Samuel Johnson het geskryf: "Why, Sir, you find no man, at all intellectual, who is willing to leave London. No, Sir, when a man is tired of London, he is tired of life; for there is in London all that life can afford."

Bottomline? Daar is ALTYD iets om te doen in London en dit hoef nie eens duur te wees nie :-)

No comments: