Thursday, January 04, 2007

'n Vrouewag vir die Toring van London! (Beeld 4/1/2007)

Ná 5 eeue bewaak vrou Britse toringJan 03 2007 08:08:45:393PM - (SA)

Londen. - Besoekers kan binnekort ná meer as 500 jaar die eerste keer foto’s saam met ’n vroulike lyfwag by die Toring van Londen neem.

Dié vrou, wie se naam nog onbekend is, was een van ses aansoekers, waarvan vyf mans was, vir die pos. Die hellebaardiers by die Toring van Londen poseer daagliks vir tientalle foto’s saam met toeriste en werk as toergidse vir dié toeriste-aanloklikheid se sowat 2 miljoen besoekers jaarliks.

Die aanstelling van dié vrou is glo nie ’n foefie nie. Sy het bloot baie beter as die manlike aansoekers gevaar.

Die lyfwagte doen sedert 1485 diens ná koning Henry VII se oorwinning in Bosworth.
Hulle het oorspronklik die kroonjuwele en gevangenes opgepas.

Volgens The Sun is die nuwe rekruut aangestel, maar sy het nog nie haar kontrak onderteken nie. Sy sal na verwagting in die somer begin werk. – Joylene van Wyk

1 comment:

Pieter van Zyl said...

Hey daar
My naam is ook Pieter en ek het ook 'n Blog oor my London avonture. Ek het Pieter se avonture in London gegoogle en op die Blog afgekom! Lyk baie goed - sien julle geniet dit!
Pieter - van "Pieter se avonture in London"