Friday, March 31, 2006

Monument to the Great Fire of London


Die Monument to the Great Fire of London, ook bekend as The Monument is ‘n 61 meter hoë Romeinse (doriese) Kolom in die hartjie van London. Dit is ook 61 meter van waar die groot brand uitgebreek het in 1666. Die Groot Vuur van London het ‘n baie groot del van die stad verwoes.

Op die Doriese kolom is ‘n vergulde urn met vuur in. Die monument is ontwerp deur Christopher Wren en Robert Hooke. Aan die westekant van die basis is ‘n emblematiese werk van Caius Gabriel Cibber, in alto en bas relief, van die verwoesting van die stad. Die hoogte merk die 61 meter na Thomas Farynor se bakkery in Pudding Lane waar die brand uitgebreek het. Toe konstruksie begin is in 1671 was die die hoogste vrystaande struktuur ter wêreld.

Jy kan tot bo-op die monument klim met 313 trappe. Dis toegemaak nadat 6 mense tussen 1788 en 1842 daar sselfmoord gepleeg het.

Jy kan, soos by Greenwich, ‘n sertifikaat kry om te bewys dat jy regtig bo was ;-)

Covent Garden



Covent Garden is ‘n distrik in sentrale London. Die area word oorheers deur winkels en ontspanninsgeriewe en het ‘n ingang na die Royal Opera House, wat dikwels ook net "Covent Garden" genoem word.

Romeinse tye tot die 1500’s

In die Romeinse Londinium was hier ‘n klein nedersettinkie bekend as "Convent Garden", dit het later net Covent Garden geword. Koning John (1199-1256) het die plekkie sy naam gegee.

1600’s tot 1800’s

Die moderne Covent Garden is in die sewentiende eeu herontwikkel deur Francis Russell, Earl of Bedford. Die area is ontwerp deur Inigo Jones, die eerste en belangrikste van die Britse Renaissance argitekte.Hy het sy inspirasie gekry van die piazzas in Rome en ander Italiaanse stede en het dus ‘n groot oop plein in die middel van Covent Garen gebou.

Na die Groot Vuur van London het dit amper oornag ‘n basis vir markhandelaars geword. Ingevoerde items is met die Teems langs vervoer en dan in Covent Garden verkoop.

Die eerste Punch and Judy show in Brittanje is opgeteken deur Samuel Pepys, wat dit in Mei 1662 in Covent Garden gesien het.

In 1830 is ‘n groot gebou, wat nogal herinner aan die Romeinse bad by Bath gebou om die handelaars te huisves.
En nou?
Teen die einde van 1960 was daar oneindige verkeersprobleme en dit het gelyk of die hele area weer herontwerp sou moes word. In 1973 is ‘n klomp van die geboue egter gelys wat impliseer dat dit nie gestroop mag word nie! Die mark het in 1974 na die New Covent Garden Market verskuif waar vragmotors makliker kon beweeg.

Die mark verkoop vandag snuisterye en het ‘n toeriste-aantreklikheid geword.

Sedert 2005 is Covent Garden ook die tuiste van die Avenue of Stars, London se antwoord op die Amerikaanse Walk of Fame. Dit is voor St Paul’s wat ook as die "Actors' Church" bekend staan.

Daar is ‘n paar oulike restaurante en teaters…

By my op die foto is Jessica O’Leary, my tannie wat ek verlede jaar eers (in Covent Garden) ontmoet het. Sy is ‘n violis in die UK.

Thursday, March 30, 2006

Speakers Corner


Speaker's Corner in Hyde Park is vir baie een van die beste plekke op aarde! Hier mag enigiemand praat oor enigiets...

Dis een van die simbole van demokrasie en van diegene wat hier opgetree het is Karl Marx, Fredrick Engels en Lenin. Cromwell se lyk is ook daar opgehang en in die openbaar vertoon as waarskuwing vir die wat die monargie in die rug wil steek. Dit was in die tyd toe Speaker's Corner naby die galg was.

Natuurlik is daar spookstories... die geeste van William Morris, George Orwell, die Pankhursts, CLR. James, Benn Tillet, Marcus Garvey, en nog baie meer word na bewering hier gesien ;-)

Die onwrikbare Lord Soper, tree op 94-jarige ouderdom nog daar op. Speaker's Corner het na bewering meer invloed op die mensdom gehad as enige universiteit, want almal is ewe welkom! Geen minimum toelatingsvereistes of klasgeld nie...

Enigiemand mag gaan en deelneem aan die debatte. Elke Sondagoggend in Hyde Park ;-) En nee, dis nie net toeriste en geestesversteurdes wat soontoe gaan nie. Akademici en politici tree ook van tyd tot daar op en kry net so veel aandag en tyd as Jan Alleman.

Die foto kom van Google Images af.

Tower Bridge


Tower Bridge is vir my een van die heel mooiste bakens in London.

In die tweede helfte van die negentiende eeu het die toename in verkeer daartoe gelei dat ‘n nuwe brug, stroom-af van London Bridge, nodig was. ‘n Tradisionele brug kon nie werk nie, want dit sou die verkeer na die hawe-fasiliteite by die Pool of London afsny.

‘n Spesiale ‘brug-komitee’ is in 1876 gevorm om die probleem op te los. Hulle het besluit op ‘n openbare kompetisie. Meer as 50 voorstelle is ontvang. In 1884 is die ontwerp van Horace Jones, die stadsargitek, goedgekeur.

Jones het ‘n brug van 244 m in lengte vooregestel. Dar sou twee torings wees wat elk 61 m hoog wou wees, elkeen op ‘n pier gebou. Die brug sou in die middel kon oopmaak en na die torings opgehys word teen 83 grade om verkeer deur te laat. Elkeen van die kante weeg vandag meer as 1000 ton. Hulle kan in ‘n minuut opgelig word en daar is voldoende kontra-gewig in die torings.

Die oorspronklike sisteem was hidrolies en water is onder druk gestoor in 6 houers. Die water is dan in stoomenjins gepomp. Die ou meganisme is nou oopgestel vir die publiek.

Werk aan die brug is in 1886 begin en 8 jaar later voltooi. Daar is
70 000 ton sement gebruik vir elkeen van die piers. Meer as 11 000 ton staal is gebruik vir die rame van die torings. Dit is toe oorgetrek met Cornish granite en Portland Stone, om dit mooi te maak en ook om die staal te beskerm.

Jones is in 1887 oorlede en sy hoof-ingenieur, Sir John Wolfe-Barry, het die projek oorgeneem.

Die brug is in 1893 deur die Prins van Wallis, die toekomstige koning Edward VII en sy vrou Alexandra van Denemarke geopen.

Die voetbruggies bo-op die brug het ‘n onaangename reputasie gekry en is in 1910 gesluit as gevolg van al die klagtes oor sakkerollers en prostitute. Dit is heropen as deel van die Tower Bridge Experience.

‘n Behind the Scenes tour kan vooraf bespreek word vir wanneer die brug gelig moet word. Dit gebeur ongeveer 500 keer per jaar. Rivier-verkeer is baie minder as in die verlede, maar geniet steeds voorrang bo die padverkeer. In 1996 het dit byna tot ‘n diplomatiese insident gelei toe die brug onverwags gelig is en Bill Clinton en sy gevolg vasgesit het.

Van tyd tot tyd haak die brug vas, die laaste insident was op 2 Junie 2005.

Die skoenlapper huis


...is 'n plek wat nie baie publisiteit geniet nie, maar nou in gevaar is.

Hier is die BBC se storie...

Fears for butterfly house future

The venue's butterflies settle on visitors as they walk throughThe London Butterfly House faces an uncertain future as its lease is running out and plans to move have been withdrawn because of the cost.

The venue, in Syon Park, west London, attracts 70,000 people a year who walk among butterflies in a glass house.

But a hotel is planned for the site and plans to rebuild in Gunnersbury Park have been shelved by the government.

Managers say it would cost too much to pursue the plans, but they are still looking for another venue.

The butterfly house opened in 1981 and it boasts between 1,000 and 2,000 "free-flying" butterflies, supplied when they are still in chrysalis form from farms around the world.
As well as its butterflies, it also has exotic birds and insects from different tropical countries.

It wanted to move to nearby Gunnersbury Park, but the Office of the Deputy Prime Minister said that would require a public inquiry, which the Butterfly House says would cost them too much.

It has been offered a venue in the South West, but wants to stay in London - where it is the only attraction of its kind.

Spokesman Michael Crosse said: "We are trying to preserve this beautiful valued attraction for the whole of London, by asking for help with a site. "And really, since we have used all our financial reserves, for financial help [as well]."

Among those sorry to hear the venue might close was Deidre King, who was visiting the house with children from the Square One nursery school.

She told BBC London: "They will have to travel for miles or go to another place in the world. This is here for them. If they lose it, it will be terrible."

Tuesday, March 28, 2006

Trafalgar Square


Trafalgar Square is in die hartjie van London. Dis by Suid-Afrika huis (net so gespel op die gebou) wat die Suid-Afrikaanse ambassade ook huisves.

Trafalgar Square is vernoem na die Battle of Trafalgar waar die Britte Napoleon verslaan het. Dis oorspronklik "King William the Fourth's Square" genoem, maar George Ledwell Taylor het die naam "Trafalgar Square" voorgestel.

Sir Charles Barry het die moderne Trafalgar Square ontwerp en dis in 1845 voltooi.

Nelson's Column, en die vier reuse brons-leeus (ontwerp deur Sir Edwin Landseer) staan hier.

Aan die noordekant is die Nasionale Gallery en aan die ooste St Martin's-in-the-Fields kerk.

Duiwe

Die square is ‘n gewilde toeriste-aantreklikheid. Tot in 2000 kon jy ook die duiwe voer. Sedert 2000 is daar ernstig besin oor die wenslikheid van die voëls daar. Daar is 35 000 duiwe en hulle bemors die standbeelde. Daar word nie meer duiwekos daar verkoop nie en toeriste word ontmoedig om hulle te voer.

In 1996 is ‘n man gearresteer wat 1 500 duiwe gevang het om te verkoop aan ‘n middelman.

Monday, March 27, 2006

Piccadilly Circus



Piccadilly Circus is ‘n bekende verkeerskruising in London. Dit is in 1819 gebou om Regent Straat te verbind met Piccadilly Straat ("circus" verwys na die oop spasie in die kruising). Deesdae verbind dit die teaters in Shaftesbury Avenue asookdie Haymarket, Coventry Straat en Glasshouse Straat. Dit is in die hartjie van die Wes Einde.

Dis ook bekend vir die video en neon tekens op die hoek en die Shaftesbury fontein met die beeld 'Eros'. Die Shaftesbury fontein is in 1893 gebou.

Piccadilly is ‘n deurweg wat in 1626 as Pickadilly Hall bekend was. Dis vernoem na ‘n huis wat aan Robert Baker behoort het. Robert Baker was ‘n kleremaker wat baie bekend was vir sy piccadills of piccadillies, die term is vir verskeie soorte krae gebruik.

Die Piccadilly Circus tube stasie is op 10 Maart 1906 geopen op die Bakerloo lyn.

Die eerste elektriese advertensies is in 1910 onthul in die kruising. Die verkeersligte is in 1926 daar geïnstalleer. Die eerste tekens het gloeilampe binne-in gehad. Digitale projektors is eers vir die Coke advertensie gebruik. Sedert 2000 word LED advertensies gebruik. Die hoeveelheid advertensies is oor die jare verminder namate die advertensiekoste daar opgegaan het.

In 2005 was daar tekens van Boots, Burger King en GAP en ‘n paar kleiner advertensies. In September 2003, het Coca Cola sy bord vervang. Onder die Coca Cola teken, is daar advertensies van Sanyo en TDK, saam met die van McDonald's

Vodafone se teken wissel soms om persoonlike boodskappe van hulle webtuiste af te vertoon. Jy kan dit daar laai vir ‘n spesifieke datum en tyd. Daar is blykbaar al huweliksaansoeke gerig op die manier ;-)

Britse Somertyd

In Brittanje, is daar ‘n onderskeid tussen winter- en somertyd. In die Britse somertyd (Maart tot Oktober) word die horlosies ‘n uur aangeskuif en aan die begin van die winter kan hulle ‘n uur terugdraai, baie mense se droom ;-)

Die praktyk is bekend as Daylight Saving Time. Die Britse regering het in 1916 hiermee begin. Die Britse Somertyd het in lengte en duur gewissel oor die jare. Dis nou gewoonlik van die derde Sondag in Maart tot die vierde Sondag in Oktober.

Wat beteken… dis nou somer(tyd) in London!

Friday, March 24, 2006

Stop!



Die verkeerstekens in London lyk effens anders as ons s’n. hulle verkeerstekens het liggies binne-in en is nie net weerkaatsend soos ons s’n nie.

Die Britte ry, soos ons, aan die linkerkant van die pad. Hulle verkeersligte lyk en werk soos ons s’n en hulle noem verkeersirkels roundabouts.

Anders as by ons, is daar ook op die meeste plekke in die straat geverf dat voetgangers links en regs moet kyk.

Thursday, March 23, 2006

Humphrey is dood (Bloomberg Berig)


Humphrey, 10 Downing Street's Resident Cat, Dies, Sun Says 2006-03-20 05:31

By Toby Anderson March 20 (Bloomberg) -- Humphrey, the cat once resident atthe U.K. Prime Minister's home at 10 Downing Street, died aged18 at the home of a Cabinet office official, the Sun reported. The cat served three prime ministers: Margaret Thatcher,John Major and Tony Blair. Humphrey, who first wandered into No.10 as a stray in 1990, retired in 1997 amid reports PrimeMinister Tony Blair's wife Cherie considered cats unhygienic,the newspaper said. A spokesman said at the time Humphrey wassuffering from a kidney infection. A 120-page dossier on Humphrey was once covered by theOfficial Secrets Act, according to the report. It showed he hadnever fathered any kittens because he had been ``positively vetted.''

Humphrey was named after the wily civil service characterSir Humphrey Appleby portrayed in the British BroadcastingCorp.'s political television satire ``Yes, Minister,'' the Sunreported.
(The Sun 3-20 p.19)

For a list of news Web sites, click {NWEB }
--Editor: Peterson

Story illustration: for Humphrey's Web site, clickhttp://www.moggies.co.uk/html/humphrey.html

To contact the reporter on this story:Toby Anderson in London at (44) (20) 7673 2695 or tanderson7@bloomberg.net

Wednesday, March 22, 2006

Greenwich


Greenwich is ‘n móét om te sien en is gratis!

Die Royal Greenwich Observatory is in Greenwich en die Prime Meridian (tydlyn) strek deur die gebou. Greenwich Mean Time was gebaseer op observasies hier.

Jy kan op die tydlyn staan en teen ‘n pond ‘n sertifikaat kry wat sê jy was daar.



Dis in Greenwich Park, wat die paleisgronde van die Paleis van Placentia was. Aan die onderpunt is die National Maritime Museum (ook gratis) wat die Koningin se huis insluit.

Die Millennium Dome is duidelik sigbaar van Greenwich af. Dis ook naby die Cutty Sark (waaroor ek later sal skryf) en die Greenwich Village Market… ‘n oulike markie waar jy omtrent enigiets van ‘n kopspeld tot ‘n dooie polisieman kan kry.

Van die beroemde mense wat daar gebly het is:

Die koninklike astronoom ,Sir George Airy
Philip Dormer Stanhope, 4th Earl of Chesterfield,
Dr Samuel Johnson, wat die eerste Engelse woordeboek saamgestel het
Die komediant Dan Leno
Die digter Cecil Day-Lewis

Monday, March 20, 2006

Pubs


Pubs is deel van die Londonse kultuur. Dis nie drinkplekke nie, maar eerder plekke waar jy en 'n paar vriende na werk kan bymekaar kom, iets eet en drink en lekker kuier.

Dis meer soos ons koffiewinkels as kroeë. Daar is baie pubs! Die eerste een waarin ek gekom het was die Sherlock Holmes pub. Dit is deel van die spook-toer. Op die boonste verdieping kan jy na Sherlock Holmes se studeerkamer ook kyk.




Alhoewel die Britte al sedert die bronstydperk hulle ale drink, het pubs eers ontstaan toe daar paaie gebou is onder die Romeinse bewind. Pubs (of public houses) was toe so gewild dat Koning Edgar in 965 'n wet uitgevaardig het dat daar net een pub in elke dorpie mag wees.

Die Britte se ale is hoofsaaklik uit mout gemaak. Later (in die 15de eeu) is hops bygevoeg om bier te maak. Nou word daar verskeie variasies van ale, bier en ander drankies bedien.

In die 18de eeu is daar 'n nuwe vertrek tot die pub gevoeg, naamlik die salon. In die salon is verskeie speletjies gespeel. Vir meer info kyk gerus na http://en.wikipedia.org/wiki/Pub_games.

Die pub het van toe na nou min verander - dis 'n kuierplek met goeie kos, 'n lekker atmosfeer, (gewoonlik) nie harde musiek en waar waar mense bymekaarkom om te kuier, te groet, verjaarsdae te vier ... of sommer net 'n ale te drink ;-)

Friday, March 17, 2006

St. Patrick's Day - 17 Maart

Pieter is 'n Ier! Ester ook... en ek gaan een van die dae een wees. Ons kon aansoek doen vir Ierse burgerskap, want my ma se pa was 'n Ier!

Saam met die burgerskap, moet mens seker bietjie lees oor die land en haar mense en hulle gewoontes. Een van die bekendste persone was sekerlik St Patrick!

St Patrick's Day word deesdae wêreldwyd gevier en is nie meer die godsdienstige fees wat dit eers was nie. Dit gaan gepaard met 'n kombinasie van ander Ierse legendes soos die leprechauns, die pot goud, the four leaved clover en baie groen ;-)


The person who was to become St. Patrick, the patron saint of Ireland, was born in Wales about AD 385. His given name was Maewyn, and he almost didn't get the job of bishop of Ireland because he lacked the required scholarship.

Far from being a saint, until he was 16, he considered himself a pagan. At that age, he was sold into slavery by a group of Irish marauders that raided his village. During his captivity, he became closer to God.

He escaped from slavery after six years and went to Gaul where he studied in the monastery under St. Germain, bishop of Auxerre for a period of twelve years. During his training he became aware that his calling was to convert the pagans to Christianity.

His wishes were to return to Ireland, to convert the native pagans to Christianity. But his superiors instead appointed St. Palladius. But two years later, Palladius transferred to Scotland. Patrick, having adopted that Christian name earlier, was then appointed as second bishop to Ireland.

Patrick was quite successful at winning converts. And this fact upset the Celtic Druids. Patrick was arrested several times, but escaped each time. He traveled throughout Ireland, establishing monasteries across the country. He also set up schools and churches which would aid him in his conversion of the Irish country to Christianity.

His mission in Ireland lasted for thirty years. After that time, Patrick retired to County Down. He died on March 17 in AD 461. That day has been commemorated as St. Patrick's Day ever since.

Much Irish folklore surrounds St. Patrick's Day. Not much of it is actually substantiated.
Some of this lore includes the belief that Patrick raised people from the dead. He also is said to have given a sermon from a hilltop that drove all the snakes from Ireland. Of course, no snakes were ever native to Ireland, and some people think this is a metaphor for the conversion of the pagans. Though originally a Catholic holy day, St. Patrick's Day has evolved into more of a secular holiday.

One traditional icon of the day is the shamrock. And this stems from a more bona fide Irish tale that tells how Patrick used the three-leafed shamrock to explain the Trinity. He used it in his sermons to represent how the Father, the Son, and the Holy Spirit could all exist as separate elements of the same entity. His followers adopted the custom of wearing a shamrock on his feast day.

The St. Patrick's Day custom came to America in 1737. That was the first year St. Patrick's Day was publicly celebrated in this country, in Boston.

Today, people celebrate the day with parades, wearing of the green, and drinking beer. One reason St. Patrick's Day might have become so popular is that it takes place just a few days before the first day of spring. One might say it has become the first green of spring.

Wednesday, March 15, 2006

Pieter en Anca koop 'n huis!




Die bank se onderskrywers en die surveyor het 'ja' gesê! Pieter en Anca koop 'n huis in Wimbledon... nogal mooi, ne?

Pieter sê dis amper 100 jaar oud en die venster (regs bo) is nie uit nie, dis 'n skaduwee op die foto!

Nelson Mandela

Oliver Tambo (destyds president van die ANC) het in 1985 die borsbeeld van Mandela naby die Royal Festival Hall onthul.

Die inskripsie lees:

"The Struggle is My Life"
Nelson Mandela
Gaoled 5th August 1962
Sentenced to Life Imprisonment12th June 1964
for His ActionsAgainst Apartheid

Nelson Mandela se dogter, Princess Zenani Dlamini, was ook daar.

Daar was agterna baie drama (wat nog steeds af en toe kop uitsteek) oor ‘n standbeeld van Nelson Mandela op Trafalgar Square.

Die burgemeester wil dit daar hê en sê dit sal dan die plein van die Nelsons (Lord Nelson en Nelson Mandela) wees terwyl sy opposisie onder andere aanvoer dat mens nie ‘n standbeeld oprig vir iemand wat nog leef nie.

Tuesday, March 14, 2006

Routemaster busse


Rooi dubbeldekker busse is sinoniem met London! Die AEC Routemaster is een van die baie bekende modelle. Dit is op 8 Februarie 1956 in gebruik geneem en gedurende 2005 uitgefaseer.

Onttrekking

Baie van die busse het in die 1970’s omgeskakel na die "one-person operation" (OPO) om koste te besnoei. Dit het ‘n nuwe probleem veroorsaak – daar was bottelnekke en busse is vertraag omdat die bestuurder eers kaartjies moes verkoop by elke stop, het dit ‘n bottelnek veroorsaak.

Nou gebruik jy Travelcards (wat jy op die tube ook gebruik) vir die nuwe busse.

Die Routemaster busse is oor ‘n tydperk van 5 jaar onttrek:

Route 15: 29 Augustus 2003
Route 11: 31 Oktober 2003
Route 23: 14 November 2003
Route 94: 23 Januarie 2004
Route 6: 26 Maart 2004
Route 98: 26 Maart 2004
Route 8: 4 Junie 2004
Route 7: 2 Julie 2004
Route 137: 9 Julie 2004
Route 9: 3 September 2004
Route 390: 3 September 2004
Route 73: 3 September 2004, vervang deur ‘bendy buses
Route 12: 5 November 2004, vervang deur ‘bendy buses
Route 36: 28 Januarie 2005
Route 19: 1 April 2005
Route 14: 22 Julie 2005
Route 22: 22 Julie 2005
Route 13: 21 Oktober 2005
Route 38: 28 Oktober 2005, vervang deur ‘bendy buses
Route 159: 9 Desember 2005, vertrek vanaf Marble Arch @ 12:10
Die 159 roete was die laaste roete. Al die Routemasters (met die uitsondering van historiese roetes) is nou onttrek.

Historiese roetes:

Royal Albert Hall — Hyde Park Corner — Piccadilly Circus — Trafalgar Square — Strand — Aldwych (0930 – 1830, elke 15 minute)

Trafalgar Square — Strand — Aldwych — Fleet Street — Cannon Street — Monument — Tower Hill (0930 – 1830, elke 15 minute)

Monday, March 13, 2006

Harrods

Harrods beslaan 92,000 vierkante meter verkoopspasie.

Die Harrods leuse is Omnia Omnibus Ubique – alles, vir almal, oral. Verskeie van sy departemente, byvoorbeeld die seisoenale Kersafdeling en die Kos saal is wêreldberoemd vir hulle verskeidenheid en kwaliteit van koopware.


Pels

In die laat tagtigs, het Harrods opgehou om pels te verkoop. Dit het onlangs weer begin en op die stadium is Harrods die enigste winkel in die Verenigde Koninkryk wat pels verkoop. Daar is gereeld anti-pels demonstrasies by die winkel in Knightsbridge. Harrods het ‘n tydelike hofbevel dat net 3 aktiviste op ‘n slag nader as 10 meter van die winkel mag kom, daarom die geel streep om die winkel.


Geskiedenis

Die Harrods storie het in 1834 in London se East End begin toe Charles Henry Harrod groothandel kruidenierswinkel in Stepney begin het. Die spesialiteit? Tee! In 1849 het Harrod ‘n klein winkeltjie in Knightsbridge (op die huidige perseel) oorgeneem.

Harrod se son Charles Digby Harrod het die besigheid opgebou van die enkelvertrek-winkeltjie met twee assistente en bode tot ‘n florerende saak wat medisyne, parfuum, skryfbehoeftes, groente en vrugte verkoop het. Hy het uitgebrei na die geboue om die winkel en het teen 1880 100 personeellede gehad. In Desember 1883 het die winkel tot op die grond afgebrand. Desnieteenstaande het Harrod al se Kersaflewerings voltooi en ‘n rekord-wins gemaak.

Daar was amper onmiddellik ‘n nuwe winkel en dit het vir die eerste keer krediet toegestaan aan die klante. Onder die destydse klandisie was daar bekendes soos Oscar Wilde, Lilly Langtry en Ellen Terry.



In 1889 het die winkel ‘n publieke maatskappy geword. In die 1890’s is nuwe afdelings bygevoeg soos die Harrods Bank en eiendomsagent. Die heel eerste uitverkoping (Winter Clearance) is in 1894 gehou.

Daar is interessante aankope gedoen... Noël Coward het een Kersfees ‘n krokodil uit die troetedierwinkel gekry, Ronald Reagan het ‘n baba-olifant, Gertie, gekry. Outeur A.A. Milne het die oorspronklike Winnie-the-Pooh vir sy seun Christopher Robin daar gekoop, en Alfred Hitchcock het vir hom vis uit Hollywood bestel.

In die 1900’s het die winkel seiljagte op bestelling gemaak, ‘n begrafnisonderneming bestuur (hulle het Sigmund Freud gebalsem), vliegtuie verkoop en huise gebou.

In die 1930’s het hulle die wêreld se eerste televisies gehad en jy kon ‘n volledig toegeruste ambulans (met verpleegster en al) by hulle huur.

In die 1940’s kon jy by hulle biblioteek aansluit en die horlosies in jou huis laat opwen deur die winkel se spesialiste.
Deur die Tweede wêreldoorlog was Harrods toonaangewend, maar in die 1980’s het ander winkels beginom hulle verby te steek. Hulle het hulle speelgoedsale uitgebrei.

Toe die Al Fayed familie die winkel gekoop het (teen £615 milljoen) het die winkel weer ‘n familiebesiheid geword. Hulle het nog miljoene spandeer aan die opgradering van die winkel (onder andere £20 miljoen aan die Egiptiese hyser).

Harrods het ‘n stad binne ‘n stad geword. Daar is min wat jy nie daar sal kry nie ;-)

Koninklike waarborge

Harrods het waarborge gehad van:
Queen Elizabeth II vir proviand en huishoudelike items
Die hertog van Edinburgh as uitrusters
Die prins van Wallis as uitrusters en verskaffers van sale
Die koninginmoeder vir glas en porselein


Harrods het die hertog van Edinburgh se waarborg gehad van 1956 af. Prins Philip het dit amptelik opgeskort in Desember 2001. Al Fayed het die res van die waarborge self opgeskort.

Nie een van die koninklikes het na 1997 en die dood van Diana en Dodi Al Fayed by Harrods gekoop nie.


Onder in die winkel is ‘n huldeblyk aan Dodi en Diana. Daar is foto’s, kerse, blomme, die ring wat hy vir haar gekoop het en ‘n glas waaruit hulle op daardie laaste aand sou gedrink het.

Die changing of the guard


Die changing of the guard word daagliks in die lente en somer gehou en elke tweede dag in die herfs en winter by Buckingham paleis. Die wagte is aan diens vir 24 uur en is soldate in die Britse weermag.


Die ou wagte marsjeer uit en die nuwes in. Daar is soms ‘n orkes teenwoordig.

Die koningin se wag (Queen's Guard) bestaan uit verskeie regelemente en sluit dieleër, vloot en lugmag in. Van tyd tot tyd neem reglemente uit die Britse Statebond ook deel.

Statebond (Commonwealth) eenhede wat al aan die seremonie deelgeneem het, sluit in:

117th Battalion, Canadian Expeditionary Force; 1916
1st Battalion, Royal 22e Régiment; 1940
1st Battalion, The Toronto Scottish Regiment; 1940
Canadian Coronation Contingent; 1953
Australian Coronation Contingent; 1953
Royal Regiment of New Zealand Artillery; 1964
1st Battalion, Royal Australian Regiment; 1988
3rd Battalion, Princess Patricia's Canadian Light Infantry; 1998
2nd Battalion, The Jamaica Regiment; 1999
2nd Battalion, The Royal Canadian Regiment; 2000
Australian Federation Guard; 2001
Royal Canadian Mounted Police; 1937 Lord Strathcona's Horse; 2000

Lede van die publiek kan gratis na die seremonie kyk. Dis ook die eindpunt van die 'Royal walk'.

Thursday, March 09, 2006

Die London Stone

Die London Stone is in Cannon Straat 111 te sien.

Dis ‘n antieke steen en volgens oorlewering was dit die die plek waarvandaan die Romeine alle afstande in Brittanje gemeet het.

Ongeag of dit waar is, is die klip vir baie jare as die hart van London beskou. Dit was die plek waar ede gesweer is en transaksies beklink is. Dit was ook die algemene plek om proklamasies te lees. Jack Cade,die leier van die rebelle teen Henry VI in 1450, het hierdie tradisie erken op sy eie manier. Hy het die klip met sy swaard geslaan en homself tot die heer van London verklaar.

Die steen was oorspronklik in die middel van Cannon Straat en was heelwat groter as nou. Later is dit in die muur van St Swithin's Kerk in gebou. Dis nou in ‘n glaskis agter traliesvoor ‘n sportwinkeltjie oorkant die Cannon Street Stasie. Daar is ook ‘n pub, “The London Stone” daar naby.

Die foto hieronder is van die plek waar die steen (waarskynlik) oorspronklik was.

Hop on, hop off...

Die beste manier vir toeriste om die stad te sien? Hop on, hop off!

Daar is verskeie toermaatskappye wat busse soos die bedryf. Jy kan gewoonlik 'n kaartjie koop wat vir 24 uur geldig is en dan op- en afklim by die verskillende punte van die maatskappy. Daar is dikwels ander afslagkoepons, staptoere en 'n bootrit op die Teems ingesluit.

Daar is 'n toergids of 'n opname wat vertel van alles om jou.

Beslis 'n belegging ;-)

Wednesday, March 08, 2006

Die Eiffel toring in London?

Die Crystal Palace Transmitter is ‘n telekommunikasie toring in die Crystal Palace area in Suid London. Dit is op die oomblik die tweede hoogste struktuur in London.

Dis in 1950 gebou en is 222 m hoog. Die toring is ook bekend as London se Eiffel Toring. Die foto is uit die London Eye geneem.


Dit word gebruik vir UHF televisie uitsending en meer spesifiek BBC One, BBC Two, ITV 1 en Channel 4. Dit word ook gebruik vir radio: BBC London 94.9, XFM, LBC 97.3, Choice FM en Virgin Radio, asook Classic FM, 558 kHz (Spectrum Radio), 720 kHz (BBC Radio 4) en 1035 kHz (Kismat).

Daylight robbery


Die vensterbelasting was ‘n belasting op glas in die sewentiende en agtiende eeue in Engeland.

Om glas te maak, was duur en die gebruik daarvan in vensters was selfs duurder omdat daar ‘n spesiale belasting op geplaas is. Koning William III van Engeland het dit in 1696 ingestel en dit was veronderstel om die belastingbetaler volgens rykdom te belas… hoe ryker die persoon, hoe groter die huis en hoe meer vensters…

Die belastingbetalers het eenvoudig die vensters toegebou! Die term ‘daylight robbery’ het waarskynlik sy oorsprong hier gehad.

Die belasting is in 1851 stopgesit.

Tuesday, March 07, 2006

December 25th


December 25th is ‘n droom-winkeltjie. Daar is een in London en een in Bath. In die winkel, is dit die hele jaar Kersfees! Hulle verkoop hoofsaaklik Kersversierings en -kaartjies.

Krispy Kreme

Krispy Kreme is ‘n Amerikaanse doughnut-maatskappy wat na London uitgebrei het. Die eerste tak was in Harrods. Maar daar is nou nog takke.

Die winkel het groot vensters waardeur jy na die produksielyn kan kyk. Baie interessant!


Die maatskappy was so byna in die moeilikheid met van die gesondheidsbewuste Britte (ja, hulle bestaan) oor doughnuts wat teen ‘n raps meer as kosprys aan plaaslike skole verskaf is en wat hulle dan weer kon verkoop om fondse in te samel.

Die argument is dat die doughnuts minstens so verslawend as kokaien is ;-)

Krispy Kreme dryf al sedert 1939 handel in die VSA.

Monday, March 06, 2006

Kerrie-aande


Pieter en Anca het gereeld by Yates in Wimbledon gaan kerrie eet. Hulle het Kerrie-aande op Donderdae gehad. Hoekom alles in die verlede tyd? Yates is nou toe…

Die bakery


Daar is die mooiste klein bakery’tjie net om die draai van Pieter en Anca af. Die bakery is die enigste plek waar ek voor 9:00 in die oggend ‘n koppie koffie kon kry.

Hulle bak die lekkerste flapjacks, nee nie plaatkoekies nie, flapjacks! Dit herinner baie meer aan Crunchies (koekies met hawermout en klapper in wat in vierkante gesny word) as enigiets anders.

Pieter en Anca eet soms hier ontbyt.

Daar is baie van hierdie bakery'tjies in London en oppas... in party van hulle praat die mense Afrikaans ;-)

Friday, March 03, 2006

Brûe oor die Teems


Daar is ‘n hele klomp brûe en tonnels oor die Teems in London… hier is ‘n paar!

Northern Line (City branch) tunnel (1900)
London Bridge (1973)
Cannon Street Railway Bridge (1982)
Southwark Bridge (1921)
Millennium Bridge (2002)
Blackfriars Railway Bridge (1886)
Blackfriars Bridge (1869)
Waterloo & City Line tunnel (1898)
Waterloo Bridge (1945)
Northern Line (Charing Cross branch) tunnel (1926)
Hungerford Footbridges (2002)
Charing Cross (Hungerford) Bridge (1864)
Bakerloo Line tunnel (1906)
Jubilee Line tunnel (between Westminster and Waterloo; 1999)
Westminster Bridge (1862)
Lambeth Bridge (1932)
Vauxhall Bridge (1906)
Victoria Line tunnel (1971)
Grosvenor Bridge (Victoria Railway Bridge) (1859)

Madame Tussaud's

Madame Tussaud's wasmuseum is in 1835 deur Marie Tussaud gestig.

Marie Tussaud, née Grosholtz (1760-1850), is in Bern gebore en is saam met haar oom na Parys toe waar sy in wasmodellering opgelei is. Sy het in 1794 met François Tussaud getrou. Sy was Madame Elizabeth, Louis XVI se suster, se kunstutor. Sy is gedurende die Franse revolusie saam met die adellikes aangehou en geforseer om doodsmaskers vir hulle te maak.



Marie Tussaud het in 1802 haar pa se wasbeelde geerf en na Engeland gegaan. Sy het in Baker Street in London gaan woon en in 1835 Madame Tussaud's Exhibition geopen. Die museum is nou in Marylebone Road. Van die oorspronklike beelde word nog ten toon gestel.

Daar is ook lewensgrootte modelle van sporthelde, akteurs, politici en ander bekendes. Die Chamber of Horrors het wasbeelde van berugte kriminele en objekte verbonde aan berugte misdade. Die beelde word gereeld verander.


Die museum lok ongeveer 2.5 miljoen besoekers per jaar. Madame Tussaud’s het ook takke in Amsterdam (geopen 1971); Las Vegas (1999); Hong Kong (2000); en New York (2000).

Thursday, March 02, 2006

Om 'n pennie te druk of nie?

Daar is Penny Presses by verskeie toeriste-aantreklikhede in en om London.

Jy sit ‘n pennie en ‘n pond in die masjien, kies ‘n ontwerp, draai die ratte en voila! Jou nuwe, langer, platter pennie met ‘n prentjie van die plek waar jy is. Ons (ek, Pieter & Anca) het dit by Stonehenge gedoen.

Die druk wat uitgeoefen word is gelykstaande aan 22 ton se druk. Dit werk amper soos ‘n muntstuk wat op ‘n treinspoor neergesit en deur ‘n trein platgery is. Daar word baie druk uitgeoefen wat hitte veroorsaak en die muntstuk versag wat dan veroorsaak dat dit lank en plat kan uitrek.

Die bekendste ontwerper van die prentjies vir die Penny Press was Frank Brazzel en alhoewel hy in die 1990’s oorlede is, word verskeie van sy ontwerpe nog gebruik.

Die interessantheid van die masjiene in die Verenigde Koninkryk is dat dit onwettig is! Die beeld van die koningin (op die pennie) mag nie beskadig word nie. Jy is blykbaar veronderstel om wassers of buitelandse munte te gebruik?




Oxo toring


Die Oxo toring is ‘n prominente toring aan die suide van die Teems. Daar is ‘n paar kunswinkeltjies en ‘n bekende restaurant op die 8ste vloer (aan die bo-punt van die toring).

Die oorspronklike gebou was ‘n kragstasie, maar Liebig Extract of meat company het dit in die 1920’s gekoop. Hulle vervaardig Oxo.

Die argiteksfirma, Albert Moore, het die hele gebou in Art Deco styl oorgedoen. Toe advertensies aan die buitekant van die gebou afgekeur is, is daar vier stelle vensters aan die kante van die gebou ingebou wat ‘toevallig’ ‘n kruisie, ‘n kringetjie en ‘n kruisie was. Liebig en die gebou is later aan die Vestey groep verkoop.

In die 1990’s is die toring deur Liftschutz Davidson gerestoreer. Dit het in 1997 die Royal Fine Art Commission / BSkyB Building of the Year Award for Urban Regeneration gewen.

Wednesday, March 01, 2006

Jan Smuts? Inderdaad...


Jan Smuts was veertien jaar lank die premier van Suid-Afrika (1919-1924 en 1939-1948) en het die terme ‘apartheid’ en ‘segregasie’ vir die eerste keer gebruik. Vandag het hy ‘n standbeeld in London!

Epstein het hom amper soos ‘n ysskaatser voorgestel met een voet in die imperialistiese verlede terwyl hy vorentoe kyk na ‘n verenigde Suid-Afrika. Die standbeeld is sedert 1956 in London te sien.

Dali


Salvador Dalí (1904-1989), ‘n Spaanse verwer, tekenaar, ontwerper, skrywer, filmmaker en beeldhouer was een van die toonaangewende surrealistiese kunstenaars.

Hy is gebore in Figueras, Catalonia, op 11 Mei 1904.

In sy vroegste werk, het hy met avant-garde style, insluitende Kubisme, geeksperimenteer. Teen 1929 het hy met die surrealistiese styl gewerk. Hy het sy eerste film gemaak en ‘n klomp werke geverf waarvoor hy nou bekend is.

As ou man was hy ‘n kluisenaar in Spanje. Hy is dood in sy geboortedorp op 23 Januarie 1989. Van sy werk word uitgestal in Teatre-Museu Dalí (Figuearas), die Salvador Dalí Museum, in St Petersburg, Florida, en natuurlik die Dalí Universe, in London sedert 2000.

Verskeie van sy werke is in London te sien – onder andere op Waterloo stasie en hierdie vreemde (surrealistiese) olifant langs die Teems.