Tuesday, February 28, 2006

My gunsteling stukkie van London...


Big Ben is die kloktoring in die Westminster paleis en beslis een van die mooiste goed in die stad. Die kloktoring is in die noord-oostelike vleuel van die gebou, by die parlement.

Die naam ‘Big Ben’word deesdae gebruik om na die hele kloktoring te verwys, maar is eintlik net die hoofklok in die toring.

Daar is ‘n teorie dat die klok vernoem is na Sir Benjamin Hall. ‘n Ander teorie is dat ‘Big Ben’ die grootste van sy soort was en daarom vernoem is na die bokser, Benjamin Caunt.

Daar word soms verwys na die toring as St Stephen's Tower, maar dit is eintlik die ander toring in die Westminster paleis.

Die toring was deel van Charles Barry se ontwerp vir ‘n nuwe paleis nadat die paleis van Westminster gedurende die nag van 16 Oktober 1834 afgebrand het.

Die klok was op ‘n stadium die grootste ter wêreld en kon elke uur op die presiese sekonde aandui. Die klok-meganisme is in 1854 voltooi, maar die toring is eers 4 jaar later voltooi.

Augustus Pugin het die klok ontwerp. Dis ‘n staalraam, 23 voet in deursnit. Dit ondersteun die 312 stukke glas van die gesig. Die buitekant van die wysers is verguld en onder aan elke gesig staan daar in vergulde letters: ‘DOMINE SALVAM FAC REGINAM NOSTRAM VICTORIAM PRIMAM', dis ‘n latynse sinsnede wat beteken ‘Here, spaar ons koningin Queen Victoria I'.

Die naam ‘Big Ben’ is eers toegeken aan ‘n 16 ton klok wat in 1856 gegiet is. Die toring was nog nie gereed nie en die klok is toe gemonteer in New Palace Yard, maar die die klok het gekraak. Die metaal is oorgegiet in die 13.8 ton klok wat ons vandag ken.

Die klok, soos ons dit vandag ken, werk al van 7 September 1859 af. Dit was oorspronklik ingestem op E.

Big Ben is die derde swaarste klok in Brittanje Great George in Liverpool Cathedral weeg 14 ton en Great Paul by St Paul's Cathedral weeg 16 ton.

Daar is nog 4 klokke wat elke kwartier die Westminster Quarters speel, dis afgelei van Handel se Messiah.Die C note word twee keer vinnig herhaal en die ketting kan nie die hamers so vinnig terugtrek nie, daarom is daar dubbele C-hammers.

Daar is ‘n model (6m hoog) van Big Ben wat as Little Ben bekend staan naby Victoria Stasie.
Big Ben is uiters betroubaar. Die idioom ‘putting a penny on’, met die betekenis ‘om stadiger te maak’ het sy oorsprong by Big Ben. Die pendulum word gestel deur ou Britse pennies daarop te sit of af te haal. Die geld is in 1971 uitgefaseer, maar word steeds in Big Ben gebruik.

Ten spyte van al die bomme tydens die Blitz, het dit akkuraat gebly. Die swaar sneeu in 1962 het veroorsaak dat Nuw jaar 10 minute laat ingelui is. Dit het die eerste keer regtig gebreek in 1976 en is in Mei 1977 weer herstel. Dit het ook op 30 April 1997 gaan staan (Dit was die dag voor die algemene verkiesing ;-)) en het weer drie weke later begin werk.

Op Vrydag, 27 Mei 2005, het die klok vir 90 minute van 10:07 af gestop, moontlik as gevolg van warm water.Dit het weer 22:20 gaan staan vir 90 minute en toe weer begin werk. Op 29 Oktober 2005, is die klok vir ongeveer 33 ure gestop sodat daar herstelwerk gedoen kon word.

In 2005, het Abu Hamza ‘n dokument in sy huis gehad waar Big Ben as ‘n teiken uitgewys is. Hy het in 2006 (tydens sy verhoor in die Old Bailey) alle bewerings ontken.

Big Ben is in ‘n horde Britse (en ander) films te sien. Jy kan dit onder andere in Mary Poppins, Peter Pan, Basil, The Great Mouse Detective, en Independence Day sien.

Wat gee ‘n mens vir iemand wat alles het?


‘n Hek! Die koninginmoeder (1900-2002) het hierdie hek present gekry.

Die hek is in Hyde Park.

Drake


Oral op die grens tussen die ou Westminster en London is daar oral van die drake. Die draak is tradisioneel die simbool van London.

Monday, February 27, 2006

Blackfriars Bridge


Blackfriars Bridge is ‘n brug oor die Teems (tussen Waterloo Bridge en Blackfriars Railway Bridge). Die noorde is naby die Inns of Court en Temple Church. Die suide is naby die Tate Modern kuns gallery en die Oxo Tower.

Die eerste brug by Blackfriars was ‘n 303 m meter lange tolbrug. Dit het nege jaar geneem om te bou en het in 1769 vir die publiek geopen. Dis oorspronklik die William Pitt Bridge (na die premier William Pitt) vernoem, maar is vinnig vernoem na die Blackfriars klooster, ‘n Dominikaanse orde wat daar naby was.

Die huidige brug is in 1869 voltooi en is deur Joseph Cubitt ontwerp. Dit is in 1907-1910 verbreed.

Die brug het berug geword toe die lyk van die Italiaanse bankier, Roberto Calvi daar gevind is (opgehang). Daar is aanvanklik vermoed dat dit selfmoord was, maar word nou algemeen aanvaar as moord.

Dit is ook die brug wat van die House of Lords af gaan en is die kenmerkende rooi van die House of Lords se sitplekke.

Kaspar, die kat (Savoy London)


Die Savoy Hotel in London stuur Kaspar, ‘n drie voet hoë houtkat, na die eetkamer wanneer ‘n geselskap van 13 opdaag. Kaspar se rol het ontstaan toe ‘n Suid-Afrikaanse sakeman, Woolf Joel in 1898 besluit het dat die bygloof nonsens is en voortgegaan het met die ete vir dertien toe die veerteinde gas gekanselleer het. Joel is kort daarna vermoor. Die hotel het besluit dat so iets nooit ooit weer mag gebeur nie en het vir decades daarop aangedring dat een van hulle werknemers (op die hotel se onkoste) by die geselskap aansluit as daar net dertien gaste is.

Kaspar is daar om die triskaidekafobiakke (mense met ‘n irrasionele vrees vir 13) gerus te stel. Sy loopbaan het in 1927 begin en hy was ‘n persoonlike gunsteling van Winston Churchill. Mense vra gereeld dat Kaspar saam met hulle ‘eet’, al is daar nie 13 mense in die geselskap nie.
Hy sit by die tafel (met ‘n servet en gedekte plek) en elke gang word voor hom ook neergesit asof hy regtig eet.

Ek het ongelukkig nie 'n foto van Kaspar nie, maar het die storie gehoor op die Ghost Tour. Foto is van die toergids.

Friday, February 24, 2006

Cleopatra se naalde


Cleopatra's Needles is ‘n trio van obelisks in London, Parys (Place de la Concorde) en New York (Central Park).

Elkeen is gemaak uit rooi graniet, is ongeveer 21 meter hoog en wees 180 ton en dit bevat hierogliewe. Daar is geen verwantskap met koningin Cleopatra nie.

Hulle is in Heliopolis (Egipte) opgerig in opdrag van Thutmoses III, ongeveer1450 BC. Die graniet kom van Aswan af. Ramses II het ongeveer 200 jaar later die inskripsies laat toevoeg om sy militere prestasies te besing. Die obelisks is verskuif na Alexandria en opgerig in die Caesarium — ‘n tempel wat Cleopatra laat bou het om Markus Antonius te vereer — deur die Romeine in 12 BC, gedurende die regering van keiser Augustus.

Die Londonse naald is in Westminster, op die Victoria Embankment. Dis in 1819 aan Brittanje geskenk deur Mehemet Ali, die Albaans-gebore visiervan Egipte, ter herdenking van die oorwinnings van Lord Nelson by die Slag van die Nyl en die van Sir Ralph Abercromby in die Oorlog van Alexandria in 1801.

Die obelisk het in Alexandria gebly tot Sir William James Erasmus Wilson in 1877, betaal het vir die vervoer na London. Dit het £10,000 gekos. Dis in ‘n yster silinder – 92 voet lank en 15 voet in deursnee – geplaas. Die ingenieur, John Dixon, het dit ontwerp. Die silinder is Cleopatra genoem. Dit het ‘n stuur, ‘n mas en ‘n dekhuis gehad. Die Olga sou dit tot in London sleep.

Op 14 Oktober 1877, het die Cleopatra omgedop in ‘n storm in die Baai van Biscay, met die verlies van ses lewens. Die Cleopatra het nie gesink nie, maar tot in die Baai gedryf waar die Engelse skip Fitzmaurice dit gered het en toe laat herstel het in Spanje. Dit het uiteindelik met die Gravesend aangekom op 21 Januarie 1878. Dis die daaropvolgende Augustus opgerig op die plek waar dit nou nog staan.

Cleopatra's Needle word beskerm deur twee brons faux-Egyptiese sfinkse. Een van die sfinkse het gate in wat veroorsaak is deur een van die eerste lugbomme wat in 1917 in die straat naby die naald gewerp is.

Thursday, February 23, 2006

Die akwarium


Die London Akwarium is een van Europa se grootste akwariums.

Daar is meer as 350 spesies in in 50 uitstallings. Die akwarium doen moeite om dit interessant te hou. Daar is byvoorbeeld ‘n elektriese vis, ‘n motor (verseël) en vol watter en visse.

Daar is ook ‘n Webcam wat permanent die haaie in die akwarium afneem.


Public call offices?


London se rooi fone het nou besienswaardighede in eie reg geword. Hulle is in 1884 bekend gestel en was aanvanklik bekend as Public call offices.

Die eerste fone was in klein houthutjies waar jy ‘n oproep van 3 minute kon maak vir ‘n "tuppence" (minder as ‘n pennie). Nie al die fone kon munte aanvaar nie, daar het iemand by die deur gestaan om die geld te ontvang.

In 1906 het die National Telephone Company die fone oorgeneem en het dit as kiosks bekend gestaan.

Die poskantoor het in 1912 oorgeneem, maar eers in 1921 die gestandaardiseerde telefoonhokkie bekend gestel. In 1926 is die rooi telefone in London bekend gestel. Dit was duur en daar is net 1500 gemaak en dit is aanvanklik tot London beperk.

Die helder rooi kleur is gekies omdat dit sigbaar is en ook nie gou vuilheid wys nie.

Die meeste tefefone werk nou met munte en kredietkaarte.

En as jy hou van versamel… kan jy nou een van die telefone koop!

Wednesday, February 22, 2006

10 Downing Street


Een van die bekendste strate in London, Downingstraat, is na die bouer, Sir George Downing, vernoem. Nommer. 10 met sy bekende swart deur – die agtergrond vir verskeie historiese aankondigings, is sedert 1732 die ampswoning van die Britse premier. Koning George II het toe die eiendom aan Sir Robert Walpole (die destydse premier) gegee.




Nommer. 11, is die tuiste van die Kanselier van Exchequer vanaf 1806 en Nommer. 12 is die tuiste van die regering se hoofsweep. Die drie huise is al wat oor is van die oorspronklike 17de eeuse terras.

Die ander geboue in die straat dateer uit 1868.

Downingstraat het hekke wat die publiek (om sekuriteitsredes) uit die cul-de-sac hou. Die koningin se Lifeguard hou daar wag.

En daar is ook Suid-Afrikaanse kerk(e)!


Daar is ‘n verskeidenheid van Afrikaanse kerke en selgroepe. Vir meer inligting kyk gerus na: http://www.southafrica.info/london/london-communities-030605.htm

Van tyd tot tyd hou hulle selfs ‘n basaar met al die tradisionele lekkernye. Pieter en Anca was (saam met my pa) by een van die geleenthede.

Suid-Afrikaanse winkels


...verkoop ‘n verskeidenheid Suid-Afrikaanse produkte wat biltong, boerewors, beskuit, bier, wyn, lekkers, en sommer nog baie meer insluit.

Daar is heelwat van die winkels in London en sommige van hulle is webgebaseerd. Jy sou dan op die Internet jou bestelling kon plaas en die produkte word dan afgelewer of gepos.

En as jy begin huis toe verlang, is daar goeie nuus...


Casper en ‘n paar ander Suid-Afrikaanse kunstenaars tree elke jaar in London op. Pieter en Anca het Casper by een van die geleenthede ontmoet.

Gatwick


Gatwick is London se tweede grootste lughawe. Dit is tussen Horley in Surrey en Crawley in Wes Sussex.

Gatwick is the besigste enkel-aanloopbaan lughawe ter wêreld. Daar was 32.6 miljoen passasiers in 2005.

Die naam "Gatwick" dateer uit 1241, en was die naamvan die plaas waar die lughawe is tot in die laat 19de eeu. Die plaas is toe omskep in ‘n resiesbaan. In 1930, is Surrey Aero Club geinkorporeer in Gatwick. Loodse het na die wedrenne begin vlieg. In 1933, het ‘n belegger die eiendom gekoop en omskep in ‘n lughawe.

Na die Tweede Wêreldoorlog is Gatwick herontwerp en as alternatief vir Heathrow gebruik.

Die lughawe het twee terminale – Noord & Suid. Koningin Elizabeth II het die Noordelike terminaal in 1988 geopen.

Pieter en Anca vlieg van tyd tot tyd van hier af...

Tuesday, February 21, 2006

Black Cabs


Black Cabs is wonderlike goed! Hulle is mooi en blink en groot, maar ook duur. Ek het besluit die publieke vervoer werk heeltemal goed genoeg vir my en ek gaan nie in een ry nie. Pieter en Anca het my op my tweede laaste dag bederf met 'n trippie in een.




Soos min of meer alles in die VK, het hulle ook 'n geskiedenis....

In die Verenigde Koninkryk is ‘n hackney carriage ‘n taxi gelisensieer deur die Public Carriage Office in London (vir die area binne die M25) of deur die plaaslike owerhede in ander dele van Engeland of Wallis.

Hackney carriages het in die 17de eeu ontstaan as perdekarre en is later gemoderniseer. Elektriese modelle is gebruik tot die motorkar in 1901 verskyn het. ‘n Hackney carriage moet onderskei word van die minicabs. ‘n Hackney carriage ry rond en soek na passasiers wat opgelaai wil word (by oplaaipunte) terwyl minicabs net mense mag oplaai wat hulle geskakel het of vooraf bespreek het.

Manganese Bronze vervaardig die Hackney carriages of black cabs. Hulle kan tot 6 passasiers oplaai en bagasie kan voor (langs die bestuurder) gepak word. Ten spyte van die naam, word van die cabs as bewegende advertensies gebruik.

Die bestuurders skryf ‘n toets wat The Knowledge genoem word om te wys dat hulle regtig bekend is met London se strate.

Die naam hackney verwys nie na die area Hackney in London nie, maar na die Franse woord haquenée (an ambling horse or hack). Die New Yorkse terme "hackstand" (taxi stand) and "hack license" (taxi license) kom waarskynlik van "hackney carriage".

Om met jou eie motor te ry of nie...

Motors, brandstof en kongestie

Motors is relatief bekostigbaar in die Verenigde Koninkryk, maar dinge werk effens anders as by die huis (Suid-Afrika).

Brandstof in die Verenigde Koninkryk is die duurste ter wêreld, maar as hulle belasting uitgelaat word, is dit die goedkoopste. Motoriste gooi hulle eie brandstof in en daar is nie petroljoggies nie, ‘n baie interessante ervaring.




Daar is nie parkering by die huise nie en dit is heeltemal normaal (en veilig) om jou motor in die straat te parkeer.

Indien jy sou kies om met jou motor (in plaas van die briljante publieke vervoersisteem) na die stad toe te gaan, betaal jy kongestiebelasting. Dis hoe dit werk....

Die fooi is ‘n arealisensie, wanneer jy betaal het kan jy so gereeld as wat jy wil (op ‘n gegewe dag ) in en uit die area beweeg. Jy kan vooraf betaal of op die dag wat jy in die area was betaal voor 22:00. Daar is ‘n boete as jy tussen 22:00 en 00:00 betaal om stiptelike betaling aan te moedig.

Dis sisteem werk van 17 Februarie 2003 af.

Jy kan op verskeie maniere betaal:

· Telefonies
· Internet (http://www.cclondon.com/ )
· Betaalpunte, vulstasies en winkels PayPoint logo vertoon

Motors in die area word met behulp van kamera’s gemonitor. Teen middernag word die betaalde rekenings van die rekenaarsisteem af gevee. Die wat nie betaal is nie, word beboet.

Die daaglikse tarief is £8 (van Julie 2005 af) as jy voor 22:00 betaal. Dit word £10 as jy tussen 22:00 en 00:00 betaal.

Die roundel



Ikonografie

Die 'Way Out' teken dui die uitgang aan op stasies, daar is ook Tube kaarte (pdf) en die baie bekende "roundel" logo.

Die roundel

Die gebruik van die roundel met die stasie se naam in die blou blok dateer uit 1908 en word vandag nog gebruik. Die roundel het ontstaan as ‘n wiel met ‘n blok oor waarop GENERAL gestaan het. Dit was aanvaklik bekend as die ‘Bulls Eye’.

In 1908 is daar besluit om stasies se name meer prominent aan te dui op die platforms. Edward Johnston het die logo in 1919 aangepas.

Elke stasie het nou roundels, gewoonlik met hulle naam op. Sommige stasies het ook ander kentekens soos Baker Street waar Sherlock Holmes se profiel met teeltjies aangebring is.

Die roundel het ‘n simbool van London self geword en word bemark op t-hemde, sweetpakke, koffiebekers en selfs onderklere ;-)

'n Paar praktiese dinge oor die tubes


Lyne

London Underground lyne:

- Bakerloo Line Brown 1906 Deep level 23 km / 14 miles
- Central Line Red 1900 Deep level 74 km / 46 miles
- Circle Line Yellow 1884 Sub-surface 22 km / 14 miles
- District Line Green 1868 Sub-surface 64 km / 40 miles
- East London Line Orange 1869 Sub-surface 8 km / 5 miles
- Hammersmith & City Line Pink 1863 Sub-surface 14 km / 9 miles
- Jubilee Line Silver 1979 Deep level 36 km / 23 miles
- Metropolitan Line Purple 1863 Sub-surface 67 km / 42 miles
- Northern Line Black 1890 Deep level 58 km / 36 miles
- Piccadilly Line Dark Blue 1906 Deep level 71 km / 44 miles
- Victoria Line Light Blue 1969 Deep level 21 km / 13 miles
- Waterloo & City Line Teal 1898 Deep level 2 km / 1.5 miles

Sub-surface versus tube lyne

London Underground treine kom in twee groottes, ‘n groter sub-surface lyn trein en kleiner tube lyn treine. Die sub-surface lyne is op die cut-and-cover metode gegrawe, met die spore ongeveer 5 meter onder die oppervlak. Die deep-level of "tube" lyne, is geboor met tonnelskilde en is ongeveer 20m onder die grond.

Verbindings met lughawens en die Eurostar

Die Underground sluit by die internasionale Eurostar treine aan op Waterloo, en gaan tot in Haethrow (Piccadilly Line). Aansluitings na Stansted Lughawe via die Stansted Express is by Liverpool Street (op die Central, Circle, Hammersmith & City en Metropolitan Lyne) en Tottenham Hale (op die Victoria Lyn), Gatwick kan bereik word via die Gatwick Express van Victoria af.

Kaartjies

London Underground gebruik Transport for London's Travelcard sones om tariewe te bereken. Kantore met personeel is met tye oop terwyl kaartjiemasjiene altyd beskikbaar is. Daar is meer inligting beskikbaar op Transport for London website. Inspekteurs op stasies kyk van tyd tot tyd na kaartjies en as jy nie ‘n geldige kaartjie het nie, is ‘n boete van £20 betaalbaar.

Verkoeling

Verkoeling is ‘n probleem in die somer, veral op die dieper treine. Gewone lugversorging kan nie gebruik word nie as gevolg van die nou tonnels. £100,000 is in die warm somer van 2003 deur die burgemeester aangebied vir ‘n oplossing. Die kompetisie het in 2005 ten einde geloop sonder ‘n wenner. In 2009 sal die eerste lugversorgde treine in gebruik geneem word. Plakkate op die Underground stel voor dat passasiers ‘n bottel water saam met hulle dra.

Tubes





London het 'n uitstekende publieke vervoersisteem en een van die grootste komponenente is die Tube. Die Tube-sisteem is kenmerkend van London en selfs die waarskuwing 'Mind the gap' wat jy gereeld op die stasies hoor, is vandag deel van die publisiteit en curio's.

So bietjie agtergrond...

London Underground

Die London Underground is ‘n metro sisteem in die Groter London area. Dit is ‘n elektriese spoorlyn en, ten spyte van die naam, is dit bo en onder die grond. "Die Tube", word so genoem as gevolg van die silindriese tonnels waarin die treine ry. Dit is die oudste en een van die drie grootste ondergrondse treinstelsels. Die operasie het op 10 Januarie 1863 op die Metropolitan Railway begin. Die grootste deel van die eerste roete is nou deel van die Hammersmith & City Line.

Die Underground bedien tans 274 stasies en het 408 km se lyne.

Veiligheid

King's Cross Brand

Op 18 November 1987, het ‘n brand uitgebreek in King's Cross St Pancras stasie, 31 mense is dood. Die brand is veroorsaak deur ‘n vuurhoutjie wat in afvalstowwe aan die brand gesteek het.

Terroriste aanval in 2005

Op 7 Julie 2005, het ‘n reeks bomme ontplof tussen Aldgate en Liverpool Street stasies, Russell Square en King's Cross St Pancras stasies, asook Edgware Road en Paddington stasies. Daar is 56 mense dood en 700 beseer. In ‘n tweede reeks ontploffings op 21 Julie 2005 by Shepherd's Bush, Warren Street en Oval stasies en op ‘n bus in Shoreditch is daar net een persoon beseer.

Selfmoorde

Die London Underground het ‘n baie goeie veiligheidsrekord en die meeste sterftes word veroorsaak deur mense wat op die spore spring in ‘n poging om selfmoord te pleeg.

Rook is sedert 1984 verban op al die treine.

Monday, February 20, 2006

Heathrow


Die deur na London... meeste Suid-Afrikaners gaan deur Heathrow in London in. Toe ek die eerste keer gearriveer het, was Pieter en Anca daar om my te kry. Die tweede keer het ek besluit ek sal self regkom en ek het gebars.

Die tube kom tot in Heathrow en dis eintlik maklik om op enige plek uit te kom, maar bagasie maak dit moeiliker. Sommer baie meer respek gekry vir Pieter wat in die wildvreemde stad aangekom het en met al sy bagasie slaapplek moes gaan soek.

Hier is Heathrow...

Heathrow is die besigste lughawe in die Verenigde Koninkryk. Dis ook die besigste in Europa en waarskynlik die besigste internasionale lughawe ter wêreld.

Geskiedenis

Heathrow het in die 1930s ontstaan as die Great Western Aerodrome, privaat besit deur Fairey Aviation. Daarna het die visier van Harmondsworth dit gekoop. Dis aanvanklik die hamlet Heath Row genoem, dis gesloop om plek te maak vir die moderne Heathrow.

In 1944 het Heathrow onder die beheer van die ministerie van Lugvaart gekom. Harold Balfour (later Lord Balfour) skryf in sy outobiografie dat hy die parlement opsetlik mislei het dat dit as ‘n militêre lugbasis gebruik kon word, hy wou dit vir burgerlugvaart gebruik.

Die eerste moderne aanloopbaan is seremonieel deir koningin Elizabeth II gelê in 1953. Sy het ook die eerste terminaal-gebou geopen, die Europa Building (later Terminaal 2), in 1955.

In 1977 is die London Underground uitgebrei tot by Heathrow.

Terrorisme

In 1944 is Heathrow 3 keer binne 6 maande aangeval deur die IRL. Heathrow was ‘n belangrike simboliese teiken.

In Februarie 2003 is die Britse leër op Heathrow ontplooi saam met ‘n addisionele 1,000 polisie offisiere, na dreigemente dat Al Qaeda terroriste missiel-aanvalle op Britse en Amerikaanse lughawens beplan.

Lugrampe geassosieer met Heathrow

Op 8 April 1968, het BOAC Boeing 707 G-ARWE, oppad na Australia via Singapore, ‘n brand in ‘n enjin gehad net na dit opgestyg het. Die enjin het in die Queen Mother reservoir by Datchet geval. Die vliegtuig het ‘n noodlanding gemaak en op die grond uitgebrand. Vyf mense is dood en 122 het oorleef.

Op 18 Junie 1972, het die British European Airways Vlug BE548, vanaf London Heathrow na Brussels, geval 2 1/2 minute nadat dit opgestyg het. Daar was nie oorlewendes nie. Op 23 Junie 1985, het Air India vlug 182 ook geval en daar was nie oorlewendes nie. Op 21 Desember 1988, is Pan Am vlug 103, Frankfurt — London Heathrow — New YorkDetroit verwoes deur ‘n bom.

Heathrow vandag

Heathrow het 4 terminale, met ‘n vyfde in aanbou.

Heathrow se landingspatrone

Bovingdon stack is die houer area noord-wes van London waar inkomende vliegtuie in ‘n resiesbaan-patroon gehou word (gewoonlik tussen 8, 000 en 15,000 voet). Daar is ook die Lambourne-houerpatroon in Essex, Biggin Hill in Bromley en Ockham in Surrey wat Heathrow bedien.

Dit vereis vaardigheid om te verseker dat die vier terminale se vertrekkende lugverkeer en al die inkomende vliegtuie veili reis. Loodse word per radio begelei.

Heathrow in die flieks

Die lughawe is gereeld in die agtergrond van flieks. Dit is baie sigbaar in die romantiese komedie Love Actually. ‘n Geheime kamera is in Terminaal 4 geinstalleer om die ontmoeting tussen mense wat inkom en die wat hulle ontvang, te verfilm. Deeltjies word aan die begin en einde van die gilm gewys. Heathrow word ook gebruik in die BBC/Discovery reeks “Airport”.
Tuisterminale van die Lugdienste

Terminaal 1

Aer Lingus (Cork, Dublin, Shannon)
Air Sahara (Delhi)
Air Seychelles (Seychelles)
bmi (Aberdeen, Ajaccio, Alicante, Amsterdam, Belfast City, Brussels, Cagliari, Catania, Corfu, Dublin, Durham Tees Valley, Edinburgh, Geneva, Glasgow, Hanover, Inverness, Kefalhnia, Leeds/Bradford, Madrid, Manchester (UK), Milan-Linate, Mumbai, Naples, Nice, Palermo, Palma de Mallorca, Paris-CDG, Riyadh, Tenerife, Venice)
British Airways (Aberdeen, Barcelona, Belgrade, Berlin-Tegel, Bucharest, Budapest, Cologne/Bonn, Dusseldorf, Edinburgh, Frankfurt, Glasgow, Hamburg, Helsinki, Hong Kong, Istanbul, Johannesburg, Kiev, Larnaca, Lisbon, Los Angeles, Madrid, Manchester (UK), Milan-Linate, Milan-Malpensa, Moscow-Domododevo, Munich, Newcastle, Nice, Prague, Munich, Rome-Fiumicino, St. Petersburg (RU), San Francisco, Sofia, Stockholm-Arlanda, Stuttgart, Tripoli, Tokyo-Narita, Warsaw)
GB Airways (Casablanca, Faro, Gibraltar, Málaga, Marrakech, Tangiers)
Cyprus Airways (Larnaca)
EL AL (Tel Aviv)
Finnair (Helsinki)
Hellas Jet (Athens)
LOT Polish Airlines (Warsaw)
South African Airways (Cape Town, Johannesburg)
Sundor (Tel Aviv)
Terminaal 2
Aeroflot (Moscow-Sheremetyevo, Tokyo-Narita)
Air Algerie (Algiers)
Air Astana (Almaty)
Air France (Lyon, Paris-Charles de Gaulle)
Alitalia (Milan-Linate, Milan-Malpensa, Rome-Fiumicino)
Austrian Airlines (Vienna)
Bellview Airlines (Freetown)
bmi (Hanover)
China Eastern Airlines (Shanghai-Pudong)
Croatia Airlines (Rijeka, Split, Zagreb)
CSA Czech Airlines (Prague)
Helios Airways (Larnaca)
Iberia (Barcelona, Bilbao, Madrid, Málaga, Santiago de Compostela, Seville, Valencia)
Icelandair (Keflavik)
Jat Airways (Belgrade, Tivat)
Libyan Arab Airlines (Benghazi, Tripoli)
Lufthansa (Cologne/Bonn, Düsseldorf, Frankfurt, Hamburg, Munich, Stuttgart)
Luxair (Luxembourg)
Malév Hungarian Airlines (Budapest)
Olympic Airlines (Athens)
Pulkovo Aviation Enterprise (St. Petersburg (RU))
Royal Air Maroc (Casablanca, Marrakesh, Tangiers)
Swiss International Airlines (Sion, Zürich)
Syrian Arab Airlines (Damascus)
TAP Portugal (Faro, Funchal, Lisbon, Porto)
TAROM (Bucharest)
Tunisair (Tunis)
Uzbekistan Airways (Tashkent)
Virgin Atlantic (Lyon)
Yemenia (Sanaa)

Terminaal 3

Air Baltic (Riga)
Air Canada (Calgary, Halifax, Montréal, Ottawa, St. John's, Toronto, Vancouver)
Air China (Beijing)
Air India (Ahmedabad, Chicago-O'Hare, Delhi, Kolkata, Mumbai, New York-JFK)
Air Jamaica (Kingston, Montego Bay)
Air Mauritius (Mauritius)
Air New Zealand (Auckland, Los Angeles)
All Nippon Airways (Tokyo-Narita)
American Airlines (Boston, Chicago-O'Hare, Los Angeles, Miami, New York-JFK)
Biman Bangladesh (Dhaka, Dubai)
British Airways (Miami)
British West Indian Airways (Antigua, Bridgetown Barbados, St Lucia, Port of Spain)
Cathay Pacific (Hong Kong)
Egyptair (Cairo, Luxor)
Emirates (Dubai)
Etihad (Abu Dhabi)
Ethiopian Airlines (Addis Ababa)
EVA Air (Bangkok, Taipei-Chiang Kai Shek)
Gulf Air (Abu Dhabi, Bahrain, Muscat)
Iran Air (Tehran)
Japan Air Lines (Osaka-Kansai, Tokyo-Narita)
Jet Airways (Mumbai, Delhi)
Kıbrıs Türk Hava Yolları (Izmir)
Korean Air (Seoul-Incheon)
Kuwait Airways (Kuwait, New York-JFK)
Malaysia Airlines (Kuala Lumpur, Langkawi, Penang)
Middle East Airlines Liban (Beirut)
Pakistan International Airlines (Islamabad, Karachi, Lahore)
Qatar Airways (Doha)
Royal Brunei (Bandar Seri Begawan)
Royal Jordanian (Amman, Agada)
SAS (Copenhagen, Gothenburg-Landvetter, Oslo, Stavanger, Stockholm-Arlanda)
Saudi Arabian Airlines (Jeddah, Riyadh)
Singapore Airlines (Singapore)
Thai Airways International (Bangkok)
Turkish Airlines (Antalya, Istanbul, Izmir)
Turkmenistan Airlines (Ashkhabad)
United Airlines (Chicago-O'Hare, Denver, Los Angeles, New York-JFK, San Francisco, Washington-Dulles)
Varig (Copenhagen, São Paulo)
Virgin Atlantic Airways (Boston, Cape Town, Delhi, Dubai (Starting on: 27 March 2006), Hong Kong, Johannesburg, Kuala Lumpur, Lagos, Los Angeles, Miami, Mumbai, New York-JFK, Newark, San Francisco, Shanghai-Pudong, Singapore, Sydney, Tokyo-Narita, Washington-Dulles)

Terminaal 4

Air Malta (Luqa/Gudja)
Asiana Airlines (Seoul-Incheon)
British Airways (Abu Dhabi, Abuja, Accra, Amsterdam, Athens, Bahrain, Baltimore/Washington, Bangalore,Bangkok, Basel, Beijing, Boston, Brussels, Buenos Aires, Cairo, Cape Town, Chennai, Chicago-O'Hare, Copenhagen, Dacca, Dar es Salaam, Delhi, Denver, Detroit, Doha, Dubai, Entebbe, Geneva, Grand Cayman, Harare, Houston-Intercontinental, Islamabad, Jeddah, Kolkata, Kuwait, Lagos, Lilongwe, Luanda, Lusaka, Lyon, Mauritius, Melbourne, Mexico City, Montréal, Mumbai, Muscat, Nairobi, Nassau, Newark, New York-JFK, Oslo, Paris-CDG, Philadelphia, Phoenix, Providenciales, Riga, Rio de Janeiro, Riyadh, Sao Paulo, Seattle/Tacoma, Seychelles, Shanghai, Singapore, Sydney, Tel Aviv, Toronto, Vancouver, Vienna, Washington-Dulles, Zürich)
British Mediterranean Airways (Addis Ababa, Aleppo, Alexandria, Almaty, Amman, Baku, Beirut, Bishkek, Damascus, Ekaterinburg, Khartoum, Tashkent, Tbilisi, Tehran, Yerevan)
Kenya Airways (Nairobi)
KLM (Amsterdam, Eindhoven, Rotterdam)
Qantas (Bangkok, Hong Kong, Melbourne, Perth, Singapore, Sydney)
SN Brussels Airlines (Brussels)
SriLankan (Colombo)

London, Darling...


London

London produseer 17% van die Verenigde Koninkryk se GDP en is een van die wêreld se belangrikste kulturele en ekonomiese sentra. Dis ‘n wêreldstad waar daar meer as 300 tale gepraat word.


Wat is London?

‘London’ verwys vandag meestal na die groter London area. Dit is verdeel in 32 munisipale afdelings (London Boroughs) en die Stad van London. Histories, verwys "London" na die square mile can die Stad van London in die hartjie van die moderne London.

"London" word op verskeie ander maniere ook gedefinieer, byvoorbeeld deur poskodes en die telefoon areakode 020 asook waar jy met jou London Travel card kan reis.

Geografie en klimaat

London beslaan 1,579 vierkante kilometer Die stad is gestig op die noordelike oewer van die Teems en daar was aanvankilk net een brug oor die rivier, die London brug. As gevolg hiervan, was die meeste ontwikkeling in die noorde van die stad. Toe daar meer brûe gebou is, het daar ook meer ontwikkeling in die suide plaasgevind.

Die Teems was ‘n baie breër, vlakker rivier gewees. Dit is baie ingedyk (embanked) en heelwat van die stoom vloei nou ondergronds. Die Teems het getye (waaroor ons later sal praat) en dit maak London weerloos teen vloed en oorstromings.

London het meestal matige temperature, met warm, maar nie bloedige warm somers. Die winters is kouer as die gemiddelde Suid-Afrikaanse winters en die dae is dan baie korter. Die hoogste temperatuur wat ooit in London gemeet was, was tydens die hittegolf van 2003 toe dit 38.1°C was in Kew Gardens. London kry sneeu, maar nie baie nie. London's se beboude dele veroorsaak ‘n mikroklimaat, dis soms tot 5°C warmer in die stad as in die omliggende dele.

Geskiedenis

Die naam London kom waarskynlik van die Latynse naam Londinium, aangesien die stad deur die Romeine gestig is in ongeveer 43NC. Die BBC History website, beweer dat dit ‘n Keltiese naam is en dat die wortel verwys na ‘wild’ of ‘oorgroei’. Die Romeinse nederstting was die hoofstad van die provinsie Britannia.

Volgens bewysstukke in die Museum of London, is daar aanvanklik Latyns gepraat met heelwat Grieks as gevolg van Griekssprekende soldate en sakemanne. ‘n Ander skool dink dat die naam ontleen kan word aan die mitiese koning Lud. Daar word vertel dat hy die eerste strate aangelê het. Sy standbeeld is in die kerk van St Dunstan in Fleet Street.

In 61 NC het die Iceni stam van Kelte onder leiding van koningin Boudica London stormgeloop en die stad van die Romeine afgeneem. Die Kelte het die Romeinse stad afgebrand. Argeologiese opgrawings het ‘n laag rooi as onder London opgelewer, dit word aanvaar as die oorblyfsels van die ou Romeinse stad.

‘n Saksiese dorpie Lundenwic het ontstaan in die sewende eeu. Dis waar Aldwych nou is. Die ou Romeinse stad, toe bekend as Lundenburh is weer van die laat negende eeu af bewoon, want hulle het ‘n fort nodig gehad teen die Vikings.

Westminster was ‘n dorp op sy eie, en dis waar die Britse koniklikes gewoon het van die middeleeue af. Westminster en London het inmekaar gegroei en die basis vir die moderne London gevorm. Dit was die grootste stad, maar Winchester het tot in die twaalfde eeu die hoofstad van Engeland gebly.

London het deur die eeue gegroei en omringende dorpies en plase het voorstede geword. Van die sestiende tot die twintigste eeu het London gefloreer as die hoofstad van die Britse ryk.

In 1666, het die Groot Brand van London ‘n groot deel van die stad verwoes. Dit het oor die tien jaar geneem om die stad te herbou. Daar is vandag ‘n monument in die stad ter herdenking van die brand.

Die belangrikste veranderinge in die afgelope 100 jaar, was waarskynlik as gevolg van die Blitz en bomme tydens die Tweede Wêreldoorlog. Ongeveer 30 000 Londoniete is dood as gevolg van die bomme.

Tot is 1997 is London ook gereeld gebombardeer deur die IRL.

Op 7 Julie 2005, was daar ‘n reeks bomme van Moslem ekstremiste op drie stasies en ‘n bus. Daar is 52 mense dood en 700 beseer. Die bomme het ontplof binne ure nadat London aangewys is as gasheer vir die 2012 Olimpiese Spele.

Die stad van London

London is die hoof finansiële area in die Verenigde Koninkryk. Dit word beheer deur die Corporation of London, ‘n baie ou liggaam onder bestuur van die burgemeester. Eens gedomineer deur St Paul's katedraal, is dit nou die tuiste van verskeie wolkekrabbers. Onder hulle is Tower 42 (ook bekend as NatWest Tower) en 30 St Mary Axe (die "Gherkin", gebou in 2003). Daar is maar 7 000 mense wat in die stad woon, maar 300 000 mense werk elke dag daar.

Die West End

Die West End is ‘n gewilde inkopie- en bermaaklikheidsgebied. Trafalgar Square is die mees prominente baken. Oxford Straat is een van die bekendste en besigste inkopiestrate ter wêreld. Suid van Oxford Straat is Soho, ‘n netwerk van restaurante, pubs, klubs, boutiques en teaters

Die ooste van London

Daar is baie ontwikkeling in die ooste van London. Dit was deurslaggewnd in London se aanbieding vir die 2012 Olimpiese Spele.

Die East End

Die East End is naaste aan die oorspronklike Hawe van London. Immigrante het meestal hulle intrek daar geneem.

Dit sluit dele soos Whitechapel, Mile End, Bethnal Green, Hackney, Bow, Millwall and Poplar in.

Docklands

Die London Docklands, op die Isle of Dogs en langs die Teems het baie ontwikkel oor die afgelope twee dekades. Voor dit is dit as ateljees vir kunstenaars en lofts gebruik. Ontwikkelaars het begin oorneem en, onder andere, die Canary Wharf ontwikkel. Die Docklands Light Railway (DLR) bedien die area.

Wes London

Wes London sluit dele soos Notting Hill in. Die area is bekend gemaak deur die film met dieselfde naam waarin Hugh Grant en Julia Roberts die hoofrolle vertolk het. Die baie bekende Portobello Road is ook in die area. Heathrow en Twickenham is nog bekende bakens in die area.

Noord London

Hampstead en Highgate, Alexandra Park, Stamford Hill, Harringay en Islington val in die geografiese area. Dit is ook die tuiste van die Arsenal sokkerspan.

Suid London

Suid London is divers en het areas soos Wimbledon, Bermondsey, Clapham, Eltham, Lewisham, Woolwich, Blackheath, Southwark, New Cross and Dulwich.

Greenwich is aan die oewer van die Teems. Dis ‘n historiese area met onder andere die Royal Greenwich Observatory en die Royal Maritime Museum.