Monday, February 27, 2006

Kaspar, die kat (Savoy London)


Die Savoy Hotel in London stuur Kaspar, ‘n drie voet hoë houtkat, na die eetkamer wanneer ‘n geselskap van 13 opdaag. Kaspar se rol het ontstaan toe ‘n Suid-Afrikaanse sakeman, Woolf Joel in 1898 besluit het dat die bygloof nonsens is en voortgegaan het met die ete vir dertien toe die veerteinde gas gekanselleer het. Joel is kort daarna vermoor. Die hotel het besluit dat so iets nooit ooit weer mag gebeur nie en het vir decades daarop aangedring dat een van hulle werknemers (op die hotel se onkoste) by die geselskap aansluit as daar net dertien gaste is.

Kaspar is daar om die triskaidekafobiakke (mense met ‘n irrasionele vrees vir 13) gerus te stel. Sy loopbaan het in 1927 begin en hy was ‘n persoonlike gunsteling van Winston Churchill. Mense vra gereeld dat Kaspar saam met hulle ‘eet’, al is daar nie 13 mense in die geselskap nie.
Hy sit by die tafel (met ‘n servet en gedekte plek) en elke gang word voor hom ook neergesit asof hy regtig eet.

Ek het ongelukkig nie 'n foto van Kaspar nie, maar het die storie gehoor op die Ghost Tour. Foto is van die toergids.

No comments: