Monday, February 20, 2006

London, Darling...


London

London produseer 17% van die Verenigde Koninkryk se GDP en is een van die wêreld se belangrikste kulturele en ekonomiese sentra. Dis ‘n wêreldstad waar daar meer as 300 tale gepraat word.


Wat is London?

‘London’ verwys vandag meestal na die groter London area. Dit is verdeel in 32 munisipale afdelings (London Boroughs) en die Stad van London. Histories, verwys "London" na die square mile can die Stad van London in die hartjie van die moderne London.

"London" word op verskeie ander maniere ook gedefinieer, byvoorbeeld deur poskodes en die telefoon areakode 020 asook waar jy met jou London Travel card kan reis.

Geografie en klimaat

London beslaan 1,579 vierkante kilometer Die stad is gestig op die noordelike oewer van die Teems en daar was aanvankilk net een brug oor die rivier, die London brug. As gevolg hiervan, was die meeste ontwikkeling in die noorde van die stad. Toe daar meer brûe gebou is, het daar ook meer ontwikkeling in die suide plaasgevind.

Die Teems was ‘n baie breër, vlakker rivier gewees. Dit is baie ingedyk (embanked) en heelwat van die stoom vloei nou ondergronds. Die Teems het getye (waaroor ons later sal praat) en dit maak London weerloos teen vloed en oorstromings.

London het meestal matige temperature, met warm, maar nie bloedige warm somers. Die winters is kouer as die gemiddelde Suid-Afrikaanse winters en die dae is dan baie korter. Die hoogste temperatuur wat ooit in London gemeet was, was tydens die hittegolf van 2003 toe dit 38.1°C was in Kew Gardens. London kry sneeu, maar nie baie nie. London's se beboude dele veroorsaak ‘n mikroklimaat, dis soms tot 5°C warmer in die stad as in die omliggende dele.

Geskiedenis

Die naam London kom waarskynlik van die Latynse naam Londinium, aangesien die stad deur die Romeine gestig is in ongeveer 43NC. Die BBC History website, beweer dat dit ‘n Keltiese naam is en dat die wortel verwys na ‘wild’ of ‘oorgroei’. Die Romeinse nederstting was die hoofstad van die provinsie Britannia.

Volgens bewysstukke in die Museum of London, is daar aanvanklik Latyns gepraat met heelwat Grieks as gevolg van Griekssprekende soldate en sakemanne. ‘n Ander skool dink dat die naam ontleen kan word aan die mitiese koning Lud. Daar word vertel dat hy die eerste strate aangelê het. Sy standbeeld is in die kerk van St Dunstan in Fleet Street.

In 61 NC het die Iceni stam van Kelte onder leiding van koningin Boudica London stormgeloop en die stad van die Romeine afgeneem. Die Kelte het die Romeinse stad afgebrand. Argeologiese opgrawings het ‘n laag rooi as onder London opgelewer, dit word aanvaar as die oorblyfsels van die ou Romeinse stad.

‘n Saksiese dorpie Lundenwic het ontstaan in die sewende eeu. Dis waar Aldwych nou is. Die ou Romeinse stad, toe bekend as Lundenburh is weer van die laat negende eeu af bewoon, want hulle het ‘n fort nodig gehad teen die Vikings.

Westminster was ‘n dorp op sy eie, en dis waar die Britse koniklikes gewoon het van die middeleeue af. Westminster en London het inmekaar gegroei en die basis vir die moderne London gevorm. Dit was die grootste stad, maar Winchester het tot in die twaalfde eeu die hoofstad van Engeland gebly.

London het deur die eeue gegroei en omringende dorpies en plase het voorstede geword. Van die sestiende tot die twintigste eeu het London gefloreer as die hoofstad van die Britse ryk.

In 1666, het die Groot Brand van London ‘n groot deel van die stad verwoes. Dit het oor die tien jaar geneem om die stad te herbou. Daar is vandag ‘n monument in die stad ter herdenking van die brand.

Die belangrikste veranderinge in die afgelope 100 jaar, was waarskynlik as gevolg van die Blitz en bomme tydens die Tweede Wêreldoorlog. Ongeveer 30 000 Londoniete is dood as gevolg van die bomme.

Tot is 1997 is London ook gereeld gebombardeer deur die IRL.

Op 7 Julie 2005, was daar ‘n reeks bomme van Moslem ekstremiste op drie stasies en ‘n bus. Daar is 52 mense dood en 700 beseer. Die bomme het ontplof binne ure nadat London aangewys is as gasheer vir die 2012 Olimpiese Spele.

Die stad van London

London is die hoof finansiële area in die Verenigde Koninkryk. Dit word beheer deur die Corporation of London, ‘n baie ou liggaam onder bestuur van die burgemeester. Eens gedomineer deur St Paul's katedraal, is dit nou die tuiste van verskeie wolkekrabbers. Onder hulle is Tower 42 (ook bekend as NatWest Tower) en 30 St Mary Axe (die "Gherkin", gebou in 2003). Daar is maar 7 000 mense wat in die stad woon, maar 300 000 mense werk elke dag daar.

Die West End

Die West End is ‘n gewilde inkopie- en bermaaklikheidsgebied. Trafalgar Square is die mees prominente baken. Oxford Straat is een van die bekendste en besigste inkopiestrate ter wêreld. Suid van Oxford Straat is Soho, ‘n netwerk van restaurante, pubs, klubs, boutiques en teaters

Die ooste van London

Daar is baie ontwikkeling in die ooste van London. Dit was deurslaggewnd in London se aanbieding vir die 2012 Olimpiese Spele.

Die East End

Die East End is naaste aan die oorspronklike Hawe van London. Immigrante het meestal hulle intrek daar geneem.

Dit sluit dele soos Whitechapel, Mile End, Bethnal Green, Hackney, Bow, Millwall and Poplar in.

Docklands

Die London Docklands, op die Isle of Dogs en langs die Teems het baie ontwikkel oor die afgelope twee dekades. Voor dit is dit as ateljees vir kunstenaars en lofts gebruik. Ontwikkelaars het begin oorneem en, onder andere, die Canary Wharf ontwikkel. Die Docklands Light Railway (DLR) bedien die area.

Wes London

Wes London sluit dele soos Notting Hill in. Die area is bekend gemaak deur die film met dieselfde naam waarin Hugh Grant en Julia Roberts die hoofrolle vertolk het. Die baie bekende Portobello Road is ook in die area. Heathrow en Twickenham is nog bekende bakens in die area.

Noord London

Hampstead en Highgate, Alexandra Park, Stamford Hill, Harringay en Islington val in die geografiese area. Dit is ook die tuiste van die Arsenal sokkerspan.

Suid London

Suid London is divers en het areas soos Wimbledon, Bermondsey, Clapham, Eltham, Lewisham, Woolwich, Blackheath, Southwark, New Cross and Dulwich.

Greenwich is aan die oewer van die Teems. Dis ‘n historiese area met onder andere die Royal Greenwich Observatory en die Royal Maritime Museum.

No comments: