Wednesday, February 22, 2006

10 Downing Street


Een van die bekendste strate in London, Downingstraat, is na die bouer, Sir George Downing, vernoem. Nommer. 10 met sy bekende swart deur – die agtergrond vir verskeie historiese aankondigings, is sedert 1732 die ampswoning van die Britse premier. Koning George II het toe die eiendom aan Sir Robert Walpole (die destydse premier) gegee.




Nommer. 11, is die tuiste van die Kanselier van Exchequer vanaf 1806 en Nommer. 12 is die tuiste van die regering se hoofsweep. Die drie huise is al wat oor is van die oorspronklike 17de eeuse terras.

Die ander geboue in die straat dateer uit 1868.

Downingstraat het hekke wat die publiek (om sekuriteitsredes) uit die cul-de-sac hou. Die koningin se Lifeguard hou daar wag.

No comments: