Tuesday, February 21, 2006

Tubes





London het 'n uitstekende publieke vervoersisteem en een van die grootste komponenente is die Tube. Die Tube-sisteem is kenmerkend van London en selfs die waarskuwing 'Mind the gap' wat jy gereeld op die stasies hoor, is vandag deel van die publisiteit en curio's.

So bietjie agtergrond...

London Underground

Die London Underground is ‘n metro sisteem in die Groter London area. Dit is ‘n elektriese spoorlyn en, ten spyte van die naam, is dit bo en onder die grond. "Die Tube", word so genoem as gevolg van die silindriese tonnels waarin die treine ry. Dit is die oudste en een van die drie grootste ondergrondse treinstelsels. Die operasie het op 10 Januarie 1863 op die Metropolitan Railway begin. Die grootste deel van die eerste roete is nou deel van die Hammersmith & City Line.

Die Underground bedien tans 274 stasies en het 408 km se lyne.

Veiligheid

King's Cross Brand

Op 18 November 1987, het ‘n brand uitgebreek in King's Cross St Pancras stasie, 31 mense is dood. Die brand is veroorsaak deur ‘n vuurhoutjie wat in afvalstowwe aan die brand gesteek het.

Terroriste aanval in 2005

Op 7 Julie 2005, het ‘n reeks bomme ontplof tussen Aldgate en Liverpool Street stasies, Russell Square en King's Cross St Pancras stasies, asook Edgware Road en Paddington stasies. Daar is 56 mense dood en 700 beseer. In ‘n tweede reeks ontploffings op 21 Julie 2005 by Shepherd's Bush, Warren Street en Oval stasies en op ‘n bus in Shoreditch is daar net een persoon beseer.

Selfmoorde

Die London Underground het ‘n baie goeie veiligheidsrekord en die meeste sterftes word veroorsaak deur mense wat op die spore spring in ‘n poging om selfmoord te pleeg.

Rook is sedert 1984 verban op al die treine.

No comments: