Friday, February 24, 2006

Cleopatra se naalde


Cleopatra's Needles is ‘n trio van obelisks in London, Parys (Place de la Concorde) en New York (Central Park).

Elkeen is gemaak uit rooi graniet, is ongeveer 21 meter hoog en wees 180 ton en dit bevat hierogliewe. Daar is geen verwantskap met koningin Cleopatra nie.

Hulle is in Heliopolis (Egipte) opgerig in opdrag van Thutmoses III, ongeveer1450 BC. Die graniet kom van Aswan af. Ramses II het ongeveer 200 jaar later die inskripsies laat toevoeg om sy militere prestasies te besing. Die obelisks is verskuif na Alexandria en opgerig in die Caesarium — ‘n tempel wat Cleopatra laat bou het om Markus Antonius te vereer — deur die Romeine in 12 BC, gedurende die regering van keiser Augustus.

Die Londonse naald is in Westminster, op die Victoria Embankment. Dis in 1819 aan Brittanje geskenk deur Mehemet Ali, die Albaans-gebore visiervan Egipte, ter herdenking van die oorwinnings van Lord Nelson by die Slag van die Nyl en die van Sir Ralph Abercromby in die Oorlog van Alexandria in 1801.

Die obelisk het in Alexandria gebly tot Sir William James Erasmus Wilson in 1877, betaal het vir die vervoer na London. Dit het £10,000 gekos. Dis in ‘n yster silinder – 92 voet lank en 15 voet in deursnee – geplaas. Die ingenieur, John Dixon, het dit ontwerp. Die silinder is Cleopatra genoem. Dit het ‘n stuur, ‘n mas en ‘n dekhuis gehad. Die Olga sou dit tot in London sleep.

Op 14 Oktober 1877, het die Cleopatra omgedop in ‘n storm in die Baai van Biscay, met die verlies van ses lewens. Die Cleopatra het nie gesink nie, maar tot in die Baai gedryf waar die Engelse skip Fitzmaurice dit gered het en toe laat herstel het in Spanje. Dit het uiteindelik met die Gravesend aangekom op 21 Januarie 1878. Dis die daaropvolgende Augustus opgerig op die plek waar dit nou nog staan.

Cleopatra's Needle word beskerm deur twee brons faux-Egyptiese sfinkse. Een van die sfinkse het gate in wat veroorsaak is deur een van die eerste lugbomme wat in 1917 in die straat naby die naald gewerp is.

No comments: