Tuesday, February 28, 2006

My gunsteling stukkie van London...


Big Ben is die kloktoring in die Westminster paleis en beslis een van die mooiste goed in die stad. Die kloktoring is in die noord-oostelike vleuel van die gebou, by die parlement.

Die naam ‘Big Ben’word deesdae gebruik om na die hele kloktoring te verwys, maar is eintlik net die hoofklok in die toring.

Daar is ‘n teorie dat die klok vernoem is na Sir Benjamin Hall. ‘n Ander teorie is dat ‘Big Ben’ die grootste van sy soort was en daarom vernoem is na die bokser, Benjamin Caunt.

Daar word soms verwys na die toring as St Stephen's Tower, maar dit is eintlik die ander toring in die Westminster paleis.

Die toring was deel van Charles Barry se ontwerp vir ‘n nuwe paleis nadat die paleis van Westminster gedurende die nag van 16 Oktober 1834 afgebrand het.

Die klok was op ‘n stadium die grootste ter wêreld en kon elke uur op die presiese sekonde aandui. Die klok-meganisme is in 1854 voltooi, maar die toring is eers 4 jaar later voltooi.

Augustus Pugin het die klok ontwerp. Dis ‘n staalraam, 23 voet in deursnit. Dit ondersteun die 312 stukke glas van die gesig. Die buitekant van die wysers is verguld en onder aan elke gesig staan daar in vergulde letters: ‘DOMINE SALVAM FAC REGINAM NOSTRAM VICTORIAM PRIMAM', dis ‘n latynse sinsnede wat beteken ‘Here, spaar ons koningin Queen Victoria I'.

Die naam ‘Big Ben’ is eers toegeken aan ‘n 16 ton klok wat in 1856 gegiet is. Die toring was nog nie gereed nie en die klok is toe gemonteer in New Palace Yard, maar die die klok het gekraak. Die metaal is oorgegiet in die 13.8 ton klok wat ons vandag ken.

Die klok, soos ons dit vandag ken, werk al van 7 September 1859 af. Dit was oorspronklik ingestem op E.

Big Ben is die derde swaarste klok in Brittanje Great George in Liverpool Cathedral weeg 14 ton en Great Paul by St Paul's Cathedral weeg 16 ton.

Daar is nog 4 klokke wat elke kwartier die Westminster Quarters speel, dis afgelei van Handel se Messiah.Die C note word twee keer vinnig herhaal en die ketting kan nie die hamers so vinnig terugtrek nie, daarom is daar dubbele C-hammers.

Daar is ‘n model (6m hoog) van Big Ben wat as Little Ben bekend staan naby Victoria Stasie.
Big Ben is uiters betroubaar. Die idioom ‘putting a penny on’, met die betekenis ‘om stadiger te maak’ het sy oorsprong by Big Ben. Die pendulum word gestel deur ou Britse pennies daarop te sit of af te haal. Die geld is in 1971 uitgefaseer, maar word steeds in Big Ben gebruik.

Ten spyte van al die bomme tydens die Blitz, het dit akkuraat gebly. Die swaar sneeu in 1962 het veroorsaak dat Nuw jaar 10 minute laat ingelui is. Dit het die eerste keer regtig gebreek in 1976 en is in Mei 1977 weer herstel. Dit het ook op 30 April 1997 gaan staan (Dit was die dag voor die algemene verkiesing ;-)) en het weer drie weke later begin werk.

Op Vrydag, 27 Mei 2005, het die klok vir 90 minute van 10:07 af gestop, moontlik as gevolg van warm water.Dit het weer 22:20 gaan staan vir 90 minute en toe weer begin werk. Op 29 Oktober 2005, is die klok vir ongeveer 33 ure gestop sodat daar herstelwerk gedoen kon word.

In 2005, het Abu Hamza ‘n dokument in sy huis gehad waar Big Ben as ‘n teiken uitgewys is. Hy het in 2006 (tydens sy verhoor in die Old Bailey) alle bewerings ontken.

Big Ben is in ‘n horde Britse (en ander) films te sien. Jy kan dit onder andere in Mary Poppins, Peter Pan, Basil, The Great Mouse Detective, en Independence Day sien.

No comments: