Tuesday, February 21, 2006

Black Cabs


Black Cabs is wonderlike goed! Hulle is mooi en blink en groot, maar ook duur. Ek het besluit die publieke vervoer werk heeltemal goed genoeg vir my en ek gaan nie in een ry nie. Pieter en Anca het my op my tweede laaste dag bederf met 'n trippie in een.




Soos min of meer alles in die VK, het hulle ook 'n geskiedenis....

In die Verenigde Koninkryk is ‘n hackney carriage ‘n taxi gelisensieer deur die Public Carriage Office in London (vir die area binne die M25) of deur die plaaslike owerhede in ander dele van Engeland of Wallis.

Hackney carriages het in die 17de eeu ontstaan as perdekarre en is later gemoderniseer. Elektriese modelle is gebruik tot die motorkar in 1901 verskyn het. ‘n Hackney carriage moet onderskei word van die minicabs. ‘n Hackney carriage ry rond en soek na passasiers wat opgelaai wil word (by oplaaipunte) terwyl minicabs net mense mag oplaai wat hulle geskakel het of vooraf bespreek het.

Manganese Bronze vervaardig die Hackney carriages of black cabs. Hulle kan tot 6 passasiers oplaai en bagasie kan voor (langs die bestuurder) gepak word. Ten spyte van die naam, word van die cabs as bewegende advertensies gebruik.

Die bestuurders skryf ‘n toets wat The Knowledge genoem word om te wys dat hulle regtig bekend is met London se strate.

Die naam hackney verwys nie na die area Hackney in London nie, maar na die Franse woord haquenée (an ambling horse or hack). Die New Yorkse terme "hackstand" (taxi stand) and "hack license" (taxi license) kom waarskynlik van "hackney carriage".

No comments: