Monday, March 20, 2006

Pubs


Pubs is deel van die Londonse kultuur. Dis nie drinkplekke nie, maar eerder plekke waar jy en 'n paar vriende na werk kan bymekaar kom, iets eet en drink en lekker kuier.

Dis meer soos ons koffiewinkels as kroeë. Daar is baie pubs! Die eerste een waarin ek gekom het was die Sherlock Holmes pub. Dit is deel van die spook-toer. Op die boonste verdieping kan jy na Sherlock Holmes se studeerkamer ook kyk.




Alhoewel die Britte al sedert die bronstydperk hulle ale drink, het pubs eers ontstaan toe daar paaie gebou is onder die Romeinse bewind. Pubs (of public houses) was toe so gewild dat Koning Edgar in 965 'n wet uitgevaardig het dat daar net een pub in elke dorpie mag wees.

Die Britte se ale is hoofsaaklik uit mout gemaak. Later (in die 15de eeu) is hops bygevoeg om bier te maak. Nou word daar verskeie variasies van ale, bier en ander drankies bedien.

In die 18de eeu is daar 'n nuwe vertrek tot die pub gevoeg, naamlik die salon. In die salon is verskeie speletjies gespeel. Vir meer info kyk gerus na http://en.wikipedia.org/wiki/Pub_games.

Die pub het van toe na nou min verander - dis 'n kuierplek met goeie kos, 'n lekker atmosfeer, (gewoonlik) nie harde musiek en waar waar mense bymekaarkom om te kuier, te groet, verjaarsdae te vier ... of sommer net 'n ale te drink ;-)

No comments: