Friday, March 03, 2006

Madame Tussaud's

Madame Tussaud's wasmuseum is in 1835 deur Marie Tussaud gestig.

Marie Tussaud, née Grosholtz (1760-1850), is in Bern gebore en is saam met haar oom na Parys toe waar sy in wasmodellering opgelei is. Sy het in 1794 met François Tussaud getrou. Sy was Madame Elizabeth, Louis XVI se suster, se kunstutor. Sy is gedurende die Franse revolusie saam met die adellikes aangehou en geforseer om doodsmaskers vir hulle te maak.



Marie Tussaud het in 1802 haar pa se wasbeelde geerf en na Engeland gegaan. Sy het in Baker Street in London gaan woon en in 1835 Madame Tussaud's Exhibition geopen. Die museum is nou in Marylebone Road. Van die oorspronklike beelde word nog ten toon gestel.

Daar is ook lewensgrootte modelle van sporthelde, akteurs, politici en ander bekendes. Die Chamber of Horrors het wasbeelde van berugte kriminele en objekte verbonde aan berugte misdade. Die beelde word gereeld verander.


Die museum lok ongeveer 2.5 miljoen besoekers per jaar. Madame Tussaud’s het ook takke in Amsterdam (geopen 1971); Las Vegas (1999); Hong Kong (2000); en New York (2000).

No comments: