Monday, March 27, 2006

Piccadilly Circus



Piccadilly Circus is ‘n bekende verkeerskruising in London. Dit is in 1819 gebou om Regent Straat te verbind met Piccadilly Straat ("circus" verwys na die oop spasie in die kruising). Deesdae verbind dit die teaters in Shaftesbury Avenue asookdie Haymarket, Coventry Straat en Glasshouse Straat. Dit is in die hartjie van die Wes Einde.

Dis ook bekend vir die video en neon tekens op die hoek en die Shaftesbury fontein met die beeld 'Eros'. Die Shaftesbury fontein is in 1893 gebou.

Piccadilly is ‘n deurweg wat in 1626 as Pickadilly Hall bekend was. Dis vernoem na ‘n huis wat aan Robert Baker behoort het. Robert Baker was ‘n kleremaker wat baie bekend was vir sy piccadills of piccadillies, die term is vir verskeie soorte krae gebruik.

Die Piccadilly Circus tube stasie is op 10 Maart 1906 geopen op die Bakerloo lyn.

Die eerste elektriese advertensies is in 1910 onthul in die kruising. Die verkeersligte is in 1926 daar geïnstalleer. Die eerste tekens het gloeilampe binne-in gehad. Digitale projektors is eers vir die Coke advertensie gebruik. Sedert 2000 word LED advertensies gebruik. Die hoeveelheid advertensies is oor die jare verminder namate die advertensiekoste daar opgegaan het.

In 2005 was daar tekens van Boots, Burger King en GAP en ‘n paar kleiner advertensies. In September 2003, het Coca Cola sy bord vervang. Onder die Coca Cola teken, is daar advertensies van Sanyo en TDK, saam met die van McDonald's

Vodafone se teken wissel soms om persoonlike boodskappe van hulle webtuiste af te vertoon. Jy kan dit daar laai vir ‘n spesifieke datum en tyd. Daar is blykbaar al huweliksaansoeke gerig op die manier ;-)

No comments: