Thursday, March 02, 2006

Om 'n pennie te druk of nie?

Daar is Penny Presses by verskeie toeriste-aantreklikhede in en om London.

Jy sit ‘n pennie en ‘n pond in die masjien, kies ‘n ontwerp, draai die ratte en voila! Jou nuwe, langer, platter pennie met ‘n prentjie van die plek waar jy is. Ons (ek, Pieter & Anca) het dit by Stonehenge gedoen.

Die druk wat uitgeoefen word is gelykstaande aan 22 ton se druk. Dit werk amper soos ‘n muntstuk wat op ‘n treinspoor neergesit en deur ‘n trein platgery is. Daar word baie druk uitgeoefen wat hitte veroorsaak en die muntstuk versag wat dan veroorsaak dat dit lank en plat kan uitrek.

Die bekendste ontwerper van die prentjies vir die Penny Press was Frank Brazzel en alhoewel hy in die 1990’s oorlede is, word verskeie van sy ontwerpe nog gebruik.

Die interessantheid van die masjiene in die Verenigde Koninkryk is dat dit onwettig is! Die beeld van die koningin (op die pennie) mag nie beskadig word nie. Jy is blykbaar veronderstel om wassers of buitelandse munte te gebruik?




No comments: