Thursday, March 30, 2006

Speakers Corner


Speaker's Corner in Hyde Park is vir baie een van die beste plekke op aarde! Hier mag enigiemand praat oor enigiets...

Dis een van die simbole van demokrasie en van diegene wat hier opgetree het is Karl Marx, Fredrick Engels en Lenin. Cromwell se lyk is ook daar opgehang en in die openbaar vertoon as waarskuwing vir die wat die monargie in die rug wil steek. Dit was in die tyd toe Speaker's Corner naby die galg was.

Natuurlik is daar spookstories... die geeste van William Morris, George Orwell, die Pankhursts, CLR. James, Benn Tillet, Marcus Garvey, en nog baie meer word na bewering hier gesien ;-)

Die onwrikbare Lord Soper, tree op 94-jarige ouderdom nog daar op. Speaker's Corner het na bewering meer invloed op die mensdom gehad as enige universiteit, want almal is ewe welkom! Geen minimum toelatingsvereistes of klasgeld nie...

Enigiemand mag gaan en deelneem aan die debatte. Elke Sondagoggend in Hyde Park ;-) En nee, dis nie net toeriste en geestesversteurdes wat soontoe gaan nie. Akademici en politici tree ook van tyd tot daar op en kry net so veel aandag en tyd as Jan Alleman.

Die foto kom van Google Images af.

No comments: