Thursday, March 09, 2006

Die London Stone

Die London Stone is in Cannon Straat 111 te sien.

Dis ‘n antieke steen en volgens oorlewering was dit die die plek waarvandaan die Romeine alle afstande in Brittanje gemeet het.

Ongeag of dit waar is, is die klip vir baie jare as die hart van London beskou. Dit was die plek waar ede gesweer is en transaksies beklink is. Dit was ook die algemene plek om proklamasies te lees. Jack Cade,die leier van die rebelle teen Henry VI in 1450, het hierdie tradisie erken op sy eie manier. Hy het die klip met sy swaard geslaan en homself tot die heer van London verklaar.

Die steen was oorspronklik in die middel van Cannon Straat en was heelwat groter as nou. Later is dit in die muur van St Swithin's Kerk in gebou. Dis nou in ‘n glaskis agter traliesvoor ‘n sportwinkeltjie oorkant die Cannon Street Stasie. Daar is ook ‘n pub, “The London Stone” daar naby.

Die foto hieronder is van die plek waar die steen (waarskynlik) oorspronklik was.

No comments: