Friday, March 31, 2006

Covent Garden



Covent Garden is ‘n distrik in sentrale London. Die area word oorheers deur winkels en ontspanninsgeriewe en het ‘n ingang na die Royal Opera House, wat dikwels ook net "Covent Garden" genoem word.

Romeinse tye tot die 1500’s

In die Romeinse Londinium was hier ‘n klein nedersettinkie bekend as "Convent Garden", dit het later net Covent Garden geword. Koning John (1199-1256) het die plekkie sy naam gegee.

1600’s tot 1800’s

Die moderne Covent Garden is in die sewentiende eeu herontwikkel deur Francis Russell, Earl of Bedford. Die area is ontwerp deur Inigo Jones, die eerste en belangrikste van die Britse Renaissance argitekte.Hy het sy inspirasie gekry van die piazzas in Rome en ander Italiaanse stede en het dus ‘n groot oop plein in die middel van Covent Garen gebou.

Na die Groot Vuur van London het dit amper oornag ‘n basis vir markhandelaars geword. Ingevoerde items is met die Teems langs vervoer en dan in Covent Garden verkoop.

Die eerste Punch and Judy show in Brittanje is opgeteken deur Samuel Pepys, wat dit in Mei 1662 in Covent Garden gesien het.

In 1830 is ‘n groot gebou, wat nogal herinner aan die Romeinse bad by Bath gebou om die handelaars te huisves.
En nou?
Teen die einde van 1960 was daar oneindige verkeersprobleme en dit het gelyk of die hele area weer herontwerp sou moes word. In 1973 is ‘n klomp van die geboue egter gelys wat impliseer dat dit nie gestroop mag word nie! Die mark het in 1974 na die New Covent Garden Market verskuif waar vragmotors makliker kon beweeg.

Die mark verkoop vandag snuisterye en het ‘n toeriste-aantreklikheid geword.

Sedert 2005 is Covent Garden ook die tuiste van die Avenue of Stars, London se antwoord op die Amerikaanse Walk of Fame. Dit is voor St Paul’s wat ook as die "Actors' Church" bekend staan.

Daar is ‘n paar oulike restaurante en teaters…

By my op die foto is Jessica O’Leary, my tannie wat ek verlede jaar eers (in Covent Garden) ontmoet het. Sy is ‘n violis in die UK.

No comments: