Tuesday, March 28, 2006

Trafalgar Square


Trafalgar Square is in die hartjie van London. Dis by Suid-Afrika huis (net so gespel op die gebou) wat die Suid-Afrikaanse ambassade ook huisves.

Trafalgar Square is vernoem na die Battle of Trafalgar waar die Britte Napoleon verslaan het. Dis oorspronklik "King William the Fourth's Square" genoem, maar George Ledwell Taylor het die naam "Trafalgar Square" voorgestel.

Sir Charles Barry het die moderne Trafalgar Square ontwerp en dis in 1845 voltooi.

Nelson's Column, en die vier reuse brons-leeus (ontwerp deur Sir Edwin Landseer) staan hier.

Aan die noordekant is die Nasionale Gallery en aan die ooste St Martin's-in-the-Fields kerk.

Duiwe

Die square is ‘n gewilde toeriste-aantreklikheid. Tot in 2000 kon jy ook die duiwe voer. Sedert 2000 is daar ernstig besin oor die wenslikheid van die voëls daar. Daar is 35 000 duiwe en hulle bemors die standbeelde. Daar word nie meer duiwekos daar verkoop nie en toeriste word ontmoedig om hulle te voer.

In 1996 is ‘n man gearresteer wat 1 500 duiwe gevang het om te verkoop aan ‘n middelman.

No comments: