Tuesday, April 04, 2006

Hung, drawn and quartered…



Verraad? In die ou Engeland sou jy twee keer gedink het! Die straf vir verraad (wat ernstiger as moord gesien is) was baie wreed. Mans is gehang, hulle ingewande uitgeryg en is dan opgesny. Vroue is tot in 1790 op brandstapels verbrand.

Dit het so gewerk…

…tot in 1870 is verraaiers:

Deur Traitors Gate in die Tower of London ingeneem (van die Teems af)
Gehang, maar afgehaal voor hulle dood is.
Hulle genitalië en ingewande is voor hulle oë uitgehaal en verbrand. Die hart is laaste verwyder en ook aan die skuldige gewys.
Hulle is onthoof en die liggaam is in vier dele opgesny.

Die koppe is op Tower Bridge vasgemaak waar die voëls dit gepik het… en die liggaamsdele? Na die uithoeke van die land gestuur!

Koning Edward I ('Longshanks') het die straf eerste gebruik. Die eerste slagoffer (in 1283) was die Walliese prins, Dafydd ap Gruffydd, en toe Sir William Wallace (van Braveheart – twee dekades later).

No comments: