Wednesday, April 12, 2006

Pall Mall



Pall Mall is ‘n straat in Westminster. Dit het bekend geword vir al die sogenaamde ‘gentemen’s clubs’ in die 19de eeu. Onder hulle was daar die Athenaeum, Travellers Club, Reform Club, United Services Club, Oxford & Cambridge Club and Royal Automobile Club.

Die straatnaam is afgelei van ‘n speletjie wat in die 17de eeu daar gespeel is.
Pall mall (uitgespreek pel mel) is ‘n balspeletjie.

Die straat is rooier as die ander strate in London. Hoekom? Want die koninklikes ry daarop tydens seremoniële parades…. ‘n lekker laaaaang rooi mat ;-)

Dis ook die roete waarlangs die wagte marsjeer wanneer hulle ruil.

No comments: