Wednesday, April 19, 2006

Marble Arch

Marble Arch is ‘n wit Carrara marmer monument naby Speakers' Corner in Hyde Park.

Dis ontwerp deur John Nash in 1828, gebaseer op die sogenaamde triumphal arch van Konstantyn in Rome. Dit was oorspronklik bedoel as hek na Buckingham en is op die Pall Mall gebou. Dit was te nou vir die koets en is in 1851 verskuif na die huidige posisie.

Die drie kamertjies binne is gebruik as polisiestasie tot in 1950.

Net die koninklike familie en paleiswag mag daardeur gaan.

No comments: