Tuesday, April 04, 2006

London Bridge

London Bridge is nog ‘n brug oor die Teems. Dis tussen die Cannon Street Railway Bridge en Tower Bridge.

Die brug bestaan al byna 2 000 jaar op min of meer dieselfde plek. Die eerste brug op die plek is deur die Romeine met hout gebou in 46 nC.

Die brug is ‘n paar keer afgebrand of afgebreek om te verbeter.

William Wallace se kop is op die London Bridge vertoon na sy teregstelling. Na hom is ook die koppe van Jack Cade in 1450; Sir Thomas More in 1535; Biskop John Fisher, in 1535; en Thomas Cromwell in 1540 ook daar vertoon. ‘n Duitse besoeker het in 1598 30 koppe tegelyk daar getel.

In die 19de eeu moes die brug (toe al amper 600 jaar oud) weer vervang word. Die brug is vervang deur ‘n klassieke ontwerp van John Rennie.

Op 18 April 1968 is die brug aan die Amerikaanse entrepeneur Robert P. McCulloch vir $2,460,000 verkoop. Hy was klaarblyklik onder die indruk dat hy Tower Bridge gekoop het. Die brug is herbou in Lake Havasu City, Arizona.

Die huidige brug is gebou tussen 1967 en 1972 en op 17 Maart 1973 deur Koningin Elizabeth geopen.

No comments: