Wednesday, April 05, 2006

Oxford Straat



Oxford Street is ‘n groot ‘shopping’ straat in London. Dit strek van die Marble Arch en gaan deur Oxford Circus tot by St Giles' Circus.

Die straat volg die ou Romeinse roete wat Hampshire en Colchester verbind het. Tussen die 12de eeu en 1752 was dit bekend as Tyburn Street (die Tyburn rivier vloei onder die straat). Dit het berug geword as die roete waarmee gevangenes van Newgate Prison na die galg geneem is.

In die laat 18de eeu is baie van die omliggende grond deur die Earl van Oxford gekoop. Die moderne naam is aan hom te danke.

Van die groot winkels in die straat, sluit in:
Virgin Megastore,
Disney Store

Die Kersliggies in Oxford Straat is ‘n jaarlikse instelling en bekendes kom skakel dit gewoonlik aan. Die laaste paar jaar is die liggies aangeskakel deur…

2005 — Westlife
2004 — Steve Redgrave, Emma Watson
2003 — Enrique Iglesias
2002 — Blue
2001 — S Club 7
2000 — Charlotte Church
1999 — Ronan Keating
1998 — Zoe Ball
1997 — Peter Andre
1996 — Spice Girls
1995 — Coronation Street Cast
1994 — Lenny Henry
1993 — Richard Branson
1992 — Linford Christie
1991 — Westminster Children's Hospital
1990 — Cliff Richard
1989 — Gorden Kaye
1988 — Terry Wogan
1987 — Derek Jameson
1986 — Den and Angie Watts
1985 — Bob Geldof
1984 — Esther Rantzen
1983 — Pat Phoenix
1982 — Daley Thompson
1981 — Pilin Leon (Miss World, Venezuela)

No comments: