Monday, April 03, 2006

London Eye


Die British Airways London Eye is ook bekend as die Millennium Wheel. Dis die eerste en grootste observasiewiel ooit.

Dis 135 meter hoog en neem ongeveer ‘n halfuur om ‘n vol sirkel te voltooi. Dis ontwerp deur die argitekte David Marks, Julia Barfield, Malcolm Cook, Mark Sparrowhawk, Steven Chilton, en Nic Bailey.



Daar is 32 passasierskapsules. Dit stop nie sodat mense in en uit kan klim nie, maar beweeg so stadig dat jy dit gemaklik in die ry kan doen.

Tony Blair het die Eye op 31 Desember 1999 geopen, maar dit was eers in Maart 2000 oop vir die publiek.

Die Eye is te sien (of te hoor ;-)) in ‘n paar films:

· Dit is (as subtiele grap) te hoor in A Knight's Tale wat in die middeleeue afspeel.
· Dis te sien in Bride and Prejudice (2004)
· Dis ‘n sentrale element in die 2005 reeks van Doctor Who.
· In 2005, was dit in The Amazing Race, waar spanne bakens moes soek met ‘n verkyker.
· In Thunderbirds, vlieg Thunderbird 2 deur London en land reg langs die Eye.
· In The Simpsons, ry Homer en Marge Simpson saam met hulle kinders daarin in The Regina Monologues episode.

No comments: