Wednesday, May 10, 2006

Die getye, kruisings en trivia oor die Teems


Getye in die rivier

Omtrent 90 kilometer van die see af, by Teddington, begin die rivier om gety-aktiwiteit te toon. London is (volgens oorlewering) in AD 43 die hoofstad van die Britse Rome gemaak op die plek waar die gety op sy hoogste was. Daar is nog daagliks hoog- en laagwater in London.

Daar is verskeie brûe oor die Teems en ook tonnels onder deur, onder hulle tel:

Dartford Crossing
Thames Barrier
Blackwall Tunnel
Rotherhithe Tunnel
Thames Tunnel
Tower Bridge
London Bridge
Millennium Bridge
Hungerford Bridge
Westminster Bridge
Maidenhead Railway Bridge
Marlow Bridge

Daar is ook ‘n hele paar eilande in die Teems, onder hulle tel:

Isle of Sheppey
Canvey Island
Isle of Grain
Eel Pie Island, Twickenham
Magna Carta Island, Runnymede
Fry's Island, Reading (De Montfort Island)

Kyk gerus Islands in the River Thames (Wikipedia) vir ‘n volledige lys.

Letterkunde:

Die rivier word genoem (in meer en minder detail in):

Three Men in a Boat deur Jerome K. Jerome , Connie Willis se To Say Nothing of the Dog. Die Liddells roei op die rivier aan die begin van Alice's Adventures in Wonderland. Dit word genoem in The Wind in the Willows en in Toad of Toad Hall. Daar is ook Sherlock Holmes se soektog na ‘n boot in The Sign of Four. In Oliver Twist, vermoor Bill Sikes Nancy naby die rivier.

In Dickens se Our Mutual Friend word ‘n dooie man uit die rivier gehaal:

In these times of ours, though concerning the exact year there is no need to be precise, a boat of dirty and disreputable appearance, with two figures in it, floated on the Thames, between Southwark bridge which is of iron, and London Bridge which is of stone, as an autumn evening was closing in.

Die rivier is ook sentraal in die Engelse sportkalender met die Universiteits Bootresies tussen die Universiteit van Oxford en die Universiteit van Cambridge tussen Putney en Mortlake. Die Henley Royal Regatta is ‘n ander roeikompetisie by Henley-on-Thames; dis ook belangrik op die sosiale kalender.

Trivia

Die Sex Pistols het hulle konsert gehou op die Queen Elizabeth Riverboat gehou op die koningin se silwer jubilee op 7 Junie 1977 terwyl hulle op die rivier gevaar het.

Op 20 Januarie 2006, is ‘n 5 meter lange bottelneus walvis in die rivier opgemerk. Dit was baie ongewoon aangesien die soort walvis eintlik net in die diepsee voorkom. ‘n Reddingspan het probeer om die walvis te red, maar die outjie is uiteindelik dood.

Kliek hier vir al die feite: River Thames whale.

Godsdiens

Wanneer ‘n Rooms Katoliek oorgaan na die Anglikaanse kerk, word gesê: "that person swum the Thames". Die teenoorgestelde is "swimming the Tiber".

En daarmee... voorlopig selah oor die rivier ;-)

No comments: