Wednesday, May 10, 2006

Die Teems


Die Teems (Thames) (uitgespreek temz) vloei deur die suide van Engeland en verbind London met die see.

Die geskiedenis van die rivier word terug getrek na die ystydperk. Ek gaan nie die hele storie hier vertel nie, maar kyk gerus na Wikipedia vir meer info.

In die sestiende en sewentiende eeu was die rivier ‘n belangrike vervoermiddel tussen London en Westminster (julle sal onthou dat dit toe aparte stede was).

In die sewentiende en agtiende eeue het die rivier gereeld gevries. Dit was die periode wat nou bekend staan as Little Ice Age. Dit het gelei tot die eerste Frost Fair in 1607, ‘n hele tentstad is opgerig met verskeie vermaaklikhede soos ysbouls. Sedert 1814 het die rivier nog nie weer heeltemal gevries nie. Die nuwe London Bridge (wat in 1825 gebou is), mag iets daarmee te doen hê – dit het minder pilare en laat die rivier toe om vryer te vloei.

Teen die agtiende eeu was die Teems een van die wêreld se besigste waterweë. In hierdie bloeitydperk het een van die ergste waterrampe in Engeland plaasgevind. Die plesierboot,Princess Alice het gebots met die Bywell Castle en meer as 640 mense is dood.

Tydens die 'Great Stink' in 1858, was die besoedeling so erg dat die House of Commons in Westminster hulle sittings gestaak het. ‘n Projek om die rivier skoon te maak is van stapel gestuur onder leiding van die ingenieur Joseph Bazalgette. Die rivier is vandag amptelik die skoonste een wat deur ‘n wêreldstad vloei.

Met die koms van spoor- en padvervoer en die verkleining van die Ryk na 1914 het die rivier minder belangrik geword. London tel nie regtig meer as hawestad nie.

In die 1980’s is ‘n vloedbeheermeganisme, die Thames Barrier, geopen. Dit word dikwels toegemaak om te verhinder dat laer liggende dele oorstroom word.

Die rivier is 346 km lank en ontspring sowat ‘n myl noord van Kemble, naby Cirenceste. Dit vloei onder andere deur Lechlade, Oxford (waar dit bekend is as River Isis, ‘n ander weergawe van Tamesis, die Latynse naam), Abingdon, Wallingford, Reading, Henley-on-Thames, Marlow, Maidenhead, Windsor, Eton, Staines and Weybridge, die Greater London area. Van Greater London af vloei dit deur Syon House, Hampton Court, Kingston, Richmond en Kew en dan sentrale London. sentrale London, is die rivier ‘n lewensaar, van die Palace of Westminster (Parlement) na die Tower of London. Na dit deur sentrale London is, vloei dit deur Greenwich and Dartford voor die die see bereik by Southend-on-Sea.

Ek vertel in die volgende blog meer oor getye, eilande en herwinning.

No comments: