Thursday, May 18, 2006

Uit en tuis...



Ek het ongelukkig (of dalk gelukkig?) nie foto's van al die plekke waar Pieter gebly het nie. Hy het in Youth Hostels gebly en later in huise saam met hordes ander Suid-Afrikaners.

Die voordeel van die 'Afrikaanse huise' was dat hulle vir mekaar pakkies saamgeneem het. Die nadele... ja, wel.

Pieter het saam met Richard en Jenny in hierdie huis gebly. As ek reg onthou was Jenny 'n verpleegster en Richard het vir een van die MP's gewerk. Hulle was albei Britte en ek het die idee gekry dat Pieter dit geniet om hulle te treiter.

Hy het een keer vir Richard biltong gekoop en dit (met instruksies) oorhandig. Die arme Brit moes (voete in die lug) 'n bier in een hand hou terwyl hy rugby kyk en dan moes hy die gedroogde rou vleis eet.

Dink nie Pieter mis hulle baie nie ;-)

No comments: