Hier is Pieter by die Ierse ambassade in London.
Hy was die eerste Ier in ons gesin. Ester het intussen ook aansoek gedoen vir haar Ierse burgerskap en ek is besig met myne.
In Mei 2001 het my broer, Pieter, London toe gegaan... en hy is nog daar! Hy het vier jaar gelede met Anca begin uitgaan. Hulle verblyf in London het my bewus gemaak van goed waarvan ek dalk nooit sou weet nie. Hierdie blog vertel bietjie van London en ook van die ander plekke wat hulle besoek het. Foto's is meestal my eie of Pieter en Anca s'n.
No comments:
Post a Comment