Tuesday, May 23, 2006

Pieter se eerste bestemming buite London... Dover!

Dover

Dover is ‘n belangrike kanaal-hawe in Kent. Dover is bekend vir haar wit kranse, wat uit kalk bestaan. Hierdie kranse het Brittanje die bynaam Albion besorg, dit beteken "wit". Die dorp se naam kom van die Brutoonse woord Dubrās ("die water"). Die Franse noem dit Douvres, uitgespreek [duv].

Die feit dat dit so naby aan Europa is – dis maar 34 kilometer van die Franse hawe, Calais – maak Dover een van die Verenigde Koninkryk se besigste kanaal-hawens. Ongeveer 18 miljoen passasiers gaan jaarliks deur die dorp. Daar is gereelde ferries tussen Dover en Calais en Dunkerque. Daar is ook ‘n catamaran diens na Boulogne.


Geskiedenis

Dover is al vir millennia ‘n belangrike hawe.

Brons-tydperk

In 1992 is ‘n boot wat uit die bronstydperk dateer op ‘n diepte van 6 meter ontdek. Dis een van die oudste seevaartuie wat ooit ontdek is. Die boot dateer (volgens koolstof-analises) uit ongeveer 1550 voor Christus.

Die Langdon Bay hoard, wat in 1974 aan die kus by Dover ontdek is, het brons akse van Franse oorsprong aan boord gehad. Dit sou daarop kon dui dat die handeldrywery oor die kanaal terugdateer tot in die bronstydperk. Die bote kan word uitgestal in die Dover Museum op die Markplein.

Romeinse tydperk

In die Romeinse tye het die dorp ‘n gefortifiseerde hawe, Portus Dubris, geword. Dover was die beginpunt van die Watling Straat Romeinse pad.

Ongeveer AD 50 het die Romeine twee ligtorings gebou, een aan elke kant van die destyse rivier. Een staan nog steeds binne die gronde van die Dover Kasteel, dis een van die oudste geboue in Brittanje. Die "Painted House" is a Roman vesting uit ongeveer AD 200 en een van die bes bewaarde Romeinse huise in Brittanje.

Anglo-Sakse

In die Anglo-Saksiese tye is ‘n fort gebou. Dit was die eerste deel van wat later Dover Kasteel sou word. In 1216, is Dover deur die Franse aangeval en suksesvol verdedig deur Hubert de Burgh.

20ste Eeu

Die Duitsers het Dover gereeld aangeval tydens die Eerste Wêreldoorlog.

No comments: